• Pare Werkswinkels

    'n Naweek van groei en heling vir 'n gesonde, volwasse, passievolle en bewustelike huwelik.BespreekLees MeerVideo oor Werkwinkel
  • Sessies vir pare

    Huweliksterapie sessies vir genesing en groei in jou huwelik. 'n Reeks van een of twee uur sessies kan weekliks bespreek word.Tel 0823314703Lees Meer
  • Verhoudings Intensief

    Vir die verhouding in ernstige moeilikheid. Red jou huwelik met kliniese en diep intervensies deur ervare en opgeleide beraders.Bespreek nouLees Meer
  • Werkswinkels vir Individue

    Leer hoe om gesonder mense in jou lewe aan te trek deur jouself toe te rus met verhoudingsvaardighede, Verander ou verhoudingspatrone.BespreekLees Meer
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4

Pare Werkswinkels

'n 3 dag werkswinkel met effektiewe gereedkskap & nagevorsde inligting. Ontdek die wonder en misterie van jou huwelik.

Lees Meer

E-Werkswinkel

Doen die pare werkswinkel oor die internet in die gerief en privaatheid van jou huis. Effektief. Privaat. Bekostigbaar

Lees Meer

Pare Intensief

Twee tot vyf dae intensief vir pare om 'n ernstige verhoudingskrisis en pyn te genees. Gee jou huwelik die ondersteuning wat dit verdien

Lees Meer

Gratis E-Boek

Teken in en kry 'n gratis E Boek.

Imago Verhoudingsterapie'n Nuwe weg tot Liefde.

 

Genesing deur Dialoog

Leer 'n ander manier as kritiek, blaam en stilstuipe om met verskille te werk. Dialoog genees.

 

Herstel kinderjare

Die wortel van alle onverwerkte konflik in huwelike is onverwerkte kinderjare. Kom genees dit en groei tot ń volwasse huwelik..

 

Stop alle kritiek

Blaam, kritiek en stilstuipe saboteur die verhouding. Kom leer gesonder maniere soos dialoog om verandering te bring..

 

Recommit

Leer om julle fokus op uitgange uit die huwelik (bv kinders, werk, vriende, stokperdjies, ander man of vrou, verslawings) terug te bring na fokus binne die huwelik.

 
 

Affairs

Kom herstel jou huwelik na die seer van ń affair. Geen huwelik kan ń affair gesond op hulle eie oorleef nie. Kom kry professionele hulp.

 

Egskeiding

Dit is ń finale en groot stap om te neem. Genees eers die seer en verlig die angs voordat besluite gemaak word om te bly of te gaan..

 

Goeie huwelike

Jy hoef nie n krisis te hê om aan jou huwelik aandag te skenk nie. Kom leer meer oor die huwelik en groei en verdiep wat julle reeds het..

 

Tweede huwelik

ń Tweede huwelik met dieselfde ou patrone is gedoem. Kom leer hoe om dit anders te doen hierdie keer. Kom benut jul tweede kans op liefde 100%

 

Wat is Imago Terapie?

Imago Verhoudings Terapie voorsien al die gereedskap en tegnieke wat nodig is vir die transformasie van jou verhouding. Dit verskaf ook belangrike onmiddelike verligting. Ons kan jou help om die verhouding van jou drome te ontdek met ‘n helings-proses van dialoog en rekonneksie.

Groei en Heling vir jou huwelik

"We have not yet learned to handle the tremendous power of romantic love. We turn it into tragedy and alienation more often than we evolve it into enduring human relationships. But if men and women come to understand the psychological dynamics behind romantic love and learn to handle them consciously, they will find a new possibility of relationship both to themselves and to others." Robert Johnson.

 

Werkswinkel vir individue

 

Leer ken jouself in verhouding met ander:
'n Imago Werkswinkel vir individue

Het jy dit al ooit oorweeg om die netwerk van verhoudinge te gebruik om meer van jouself agter te kom? Dit wat jou na sekere mense aangetrokke laat voel sê baie van wie jy is. Dit wat jou irriteer in mense kan kosbare inligting wees om agter te kom wat is daardie "iets" in jou wat jy mis. 

 

Imago het 'n kursus vir mense wat met hulleself wil kom werk om meer bewus te leef. Ook om hulle verhouding gereedskap te verbeter en daarmee verhoudinge te verbeter. Kom reis saam met ons tot 'n gesonder, vroliker, heler en lewendiger jy. 'n Kursus met baie interessante informasie oor verhoudinge, diep heling en hope pret. 

 Hierdie werkswinkel is vir jou as...

  • Jy jouself beter wil leer ken 
  • Jy wil uitvind waarom dit voel asof jy nie die regte persoon kan ontmoet nie
  • Jy die dinamiek van intieme verhoudings wil leer voordat jy (weer) in 'n vaste verhouding betrokke raak
  • Jy moeg is vir verhoudings wat nie aan jou behoeftes voldoen nie
  • Jy aan die begin van 'n verhouding is wat jy wil behou
  • Jy ander mense wil ontmoet wat dieselfde waardes as jy deel en ook daarin belangstel om 'n "bewuste verhouding" te skep
  • Jy in 'n verhouding /huwelik is en jy meer wil leer oor die onbewuste agenda wat Jy in die verhouding inbring

 

 

 

Werkswinkel Besonderhede: 

 

layout6 image1 480x384

Datum: 31 Oktober & 1 November 2015, Saterdag & Sondag. (Kaapstad) & 7-8 November (Gauteng).
Tyd: 8h00 – 19h00
Plek: 19 Panoramastraat, Valmary Park, Durbanville of Ducks Country House, Henley on Klip, Gauteng
Koste: R 2800 per persoon | R4000 per paartjie

Om te registreer : Kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
 

 

 

 

Werkswinkel Aanbieder: 

 

Kobus van der Merwe
Imago Kliniese Opleider in Suid Afrika

Sien www.huwelike.co.za  vir meer inligting. 

 

IDENT Lewens Energie Kursus

 

Die Lewensenergie Kursus is oor die afgelope 25 jaar deur Dr Cornel van der Merwe ontwikkel. In hierdie kursus gaan jy die volgende ontvang:

  • Ons moet verstaan dat ons simptoom of ons probleem ons wil begelei na 'n diepere ontdekking van ons eie waarheid en inherente wysheid
  • Alle mense maak sekere aanpassings en ontwikkel verdedigings in 'n poging om te oorleef in hierdie wêreld.
  • In die herontdekking van wie ons regtig is, is dit nodig om onsself vanuit ons familie agtergrond te verstaan en om patrone en temas te herken wat bydrae tot ons huidige situasie. Ook om vaardighede aan te leer om onafgehandelde sake af te handel en verby hierdie vroeëre, aangeleerde blokke te beweeg.
  • Ons moet ook begryp dat ons vasval in rolle en reëls wat bydra tot die blokkering wat ons in ons lewens ervaar
  • Elke dag maak ons gebruik van die sg. gekonnekteerde manier (asemhalingswerk) van asemhaling, omdat ons longe die grootste skoonmaak orgaan in ons liggaam is, fisiologies sowel as psigologies.
  • Ons kom in kontak met die ontwikkeling van die ego vanuit die kinderjare en hoe ons denke dikwels die grootste oorsaak vir ons vasgevangde gevoel is. Prosesse word aangeleer om in staat te wees om die nodige heling op ons eie te ervaar en te implementeer.
  • Eenvoudige probleme soos nie-selfgeldenheid, perfeksionisme, verdedigingsmeganismes word d.m.v. vraelyste en oefeninge uitgelig en oorkom.
  • Die belang van ko-afhanklikheid en die feit dat slegs 2% van mense in staat is om regtig interafhanklik te funksioneer word verduidelik. Ons besef dat ons geluk eintlik nooit deur iets eksterns bepaal word nie.
  • Die slagoffer driehoek wat amper die enkele grootste rede vir alle stres in ons lewens is, word herken en metodes om daaruit te ontsnap, geleer. Ons leer om 100% verantwoordelikheid vir ons self te neem. Om te weet dat die oomblik as ons ander blameer moet ons vra: "Hoe is dit waar van myself?"
  • Ons fokus op verhoudinge en toon aan dat frustrasies en konflikte aangewend kan word vir groei in stede van 'n magstryd te laat ontwikkel. Dialoog word aangeleer waar ek 'n ander wêreld as my eie moet aanhoor, valideer (nie evalueer) en empatie moet betoon. Om te besef dat in diskonneksie vind verwydering plaas en ontstaan 'n behoefte wat deur iets eksterns gevul moet word.
  • Interressante tegnieke word aangebied om in kontak te kom met ons sg. sellulêre geheue en sodoende ons eie innerlike wysheid te gebruik vir heling.
  • Tegnieke vanuit energie sielkunde en kwantum fisika word verduidelik en aangeleer, sowel as die gebruik van ons verstand word verduidelik en wanopvattings wat oor jare in ons vasgelê is, word omgekeer.
  • Ontkende dele en skadu dele moet herken en geïntegreer word en die geskenke van hierdie dele aanvaar word en gebruik word in ons lewe.

Die kursus word aangebied in 'n veilige atmosfeer waarin die kursusgangers bietjie afgesonder word van die daaglikse gewoel en volledig op hulle self fokus ten einde weer hulle regmatige plek in die samelewing te kan inneem. Die aanbieders poog om dit so veilig moontlik te maak dat die nodige groei kan plaasvind

Ons glo dat die kursus die potensiaal het om enige persoon sy eie waardigheid te laat besef en om te groei tot 'n vryvloeiende, pulserende vrolike wese, wat in staat is om in die moment gefokus te leef.

Skakel El'Marie by 082 331 4704 om te bespreek of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..


 Ons sien uit daarna om u te ontmoet en die vyf dae se reis saam met u mee te maak!

Die hele program sentreer rondom die tema dat elke mens volledig toegerus is om voluit te lewe in sy/haar volle waarheid en essensie. Ons fasiliteer net prosesse om enige energie blokke te herken en te laat gaan. Ook om die geheim te ontdek om vanuit ons eie waarheid uit dankbaarheid en onvoorwaardelike liefde te leef. Elke lewende organisme het 'n self herstellende vermoë as dit veilig genoeg is.

 

Skakel El'Marie by 082 331 4704 om te bespreek of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Prys

R 2800. Deposito van R1000 benodig om plek te bespreek. Skakel Elmarie by 0823314704 indien u alternatiewe reelings wil tref.

Bankbesonderhede:

Bank: FNB
Tak: Menlyn Park
Takkode: 252 645
Rekeninghouer:JF vd Merwe
Rekeningtipe: Tjek
Rekeningnommer: 62090219231

Wat pare sê oor Imago

  • Lewensveranderend. Ek het my lewensmaat beter leer ken en ook dat ons mekaar se seer kan gesond maak en mekaar bewustelik kan heelmaak.!
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20

Wat pare sê oor Imago

  • Hierdie werkswinkel het ons nuwe hoop gegee om weer te probeer. Hierdie was ons laaste poging voor ons sou skei. Nou gaan ons eers weer probeer met nuwe tegnieke.
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20

Onlangse Nuusbriewe

Is dit die moeite werd om getroud te wees?

Geskryf deur Kobus van der Merwe  /  Gepubliseer op Dinsdag, 01 November 2016

Of anders gevra, is die huwelik die gesondste plek vir die individu om te wees? Veral in ‘n monogame, intieme verhouding. Lewenslank? Elke dag?

Ek lees gisteraand ‘n artikel oor die Bybelse huwelik. Dat daar eintlik nie monogamie in die Bybel voorkom nie. Inteendeel, dit was een van die voorskrifte om jou broer se vrou te neem as hy sterf om ‘n nageslag te baar. Salomo het 700 vrouens en 300 byvrouens gehad. Histories lyk dit of monogamie eerder ‘n grieks romaanse instelling was as Joods Christelik. Dit is volgens die studie maar eers onlangs wat seks buite die huwelik as ‘n problem gesien is. Saam met die klem deesdae op die regte van die individu om vrye, eie keuses te maak, saam met die hoë egskeidingsyfer, en wat ons as Bybels sien dalk nie heeltemal so Bybels is nie, waarom die huwelik?

Wat dalk groter is as die huwelik, is dat God ‘n wêreld geskape het waar alles in verhouding is met alles. Die totale skepping is in verhouding. Dit is ook ‘n aktiewe verhouding. Die boom staan nie net langs die rivier nie, die boom kry water, die hele tyd, uit die rivier. Die son hang nie maar net ‘n paar duisend kilometer weg van die aarde in die hemelruim nie, die son beinvloed alles hier op aarde die hele tyd. As die son ophou, hou ons op. As die rivier ophou, hou die boom op, en ons ook. Dat alles nie geisoleerd is nie, maar in verhouding is, maak dat alles kan bestaan. Verhouding is bestaan. Ons bestaan want ons is in verhouding. En verhouding is ‘n aktiewe proses, dit is nie ‘n statiese posisie nie.

Die huwelik is dit vir die mens. Ons wil bestaan. Ons streef na lewe. Op jou eie oorleef jy, maar in verhouding is ons lewendig.

Lees verder...

Opleiding in Imago Verhoudings Terapie en Teorie