Verhoudings terapie kan jou huwelik skade aandoen

Hoe kan verhoudingsterapie skadelik wees?

'n Verhouding is iets wat mens baie naby aan die hart lê. As daar pyn in 'n verhouding is, kan dit iets wees wat diep kan seermaak. En daardie seer plaas mense op 'n baie broos plek. Op sulke sagte plekke, wil jy nie jou hartsake in enige mens se hande plaas nie. Mens sal graag wil weet, dat jou verhoudingsterapie met die nodige kundigheid en veiligheid hanteer sal word, dat jou verhouding verbeter.

 

Dit is egter nie altyd die geval nie. Daar is baie soorte terapië wat pare meer laat baklei en verder van mekaar laat dryf as wat dit sake beter maak. Die tertapeut is of nie opgelei in huweliksterapie nie, of die benadering van die berader is nie gebasseer op verhoudingsterapie beginsels nie. Die gevolg hiervan, is dat die fokus op die individue is, en nie op die verhouding nie. So benadering sal lei tot beluldigings wat heen en weer gegooi word, wat dan op sy beurt to diskonneksie en meer pyn lei. Selfs tot die opbreek van die verhouding.

So benadering kan ook daartoe lei dat daar meer op die probleme in die verhouding gefokus word as die verhouding self. Mens praat baie oor jou verhouding, maar jy werk glad nie aan jou verhouding nie. Om oor jou probleme te praat, is nie om aan jou verhouding te werk nie.

Imago Verhoudingsterapeute is opgelei en spesialiseer in intieme verhoudings. Hulle is toegerus met die nodige kennis en geoefen in tegnieke om pare te help om suksesvol aan hulle verhouding te werk. Hulle skep die nodige emosionele veiligheid om diep konneksies te herstel. Hulle leer pare tegnieke om gestruktureerd met mekaar op 'n volwasse en veilige manier te dialoog, sodat heling en groei uit ELKE transaksie tussen hulle kan volg, in die kantoor en by die huis.

Imago Verhoudingsterapie is terapie vir jou verhouding. Dit is gefokus op jou verhouding. Dit werk.

Prosesse beskikbaar is sessies, werkswinkels en verhoudingsintensiewe.

Kobus van der Merwe doen Imago Verhoudingsterapie nou al vir 23 jaar.