Die Imago "Getting The Love You Want" werkswinkel verskaf 'n veilige omgewing waarin jy en jou maat sonder afleidings kan fokus op jul verhouding. Dit verskaf die tyd en spasie om julle saam in staat te stel om deurbrake te maak in die manier waarop jul in verhouding met mekaar staan.
Vir die afgelope 16 jaar is die werkswinkel ontwerp om jou op reis te neem na 'n bewuste, gesonde en volwasse verhouding. Dit neem jou stap-vir-stap deur die eksplorasie van jou verlede en die invloed daarvan op jou huidige lewe. Te same word jul aangemoedig om 'n nuwe visie te skep en te beplan aan 'n vreugdevolle en liefevolle toekoms saam.
Die ontdekkings tydens die naweek, verskaf 'n ryke basis om in opvolg terapie gefokus en effektief te werk.
'n Persoon wat die werkswinkel bygewoon het, het gesê: "dit is soos twee jaar se terapie in 2 dae". Die intense werk wat afgehandel word in 'n werkswinkel stimuleer die veranderinge wat moeilik is om te behaal in kort terapie sessies. Dit is 'n effektiewe gebruik van tyd en geld
Geleentheid Datum | 24-07-2020 9:00 am |
Eind datum | 26-07-2020 6:00 pm |
Kapasiteit | 8 |
Registreer | 0 |
Beskikbare plekke | 8 |
Enkel Prys | R7,500.00 |
Plek | Pretoria Swaardlelie |
#Pare/Individue geregistreer | tarief per paar/individu(R) |
---|---|
2 | 7,300.00 |
4 | 7,200.00 |
6 | 6,800.00 |
20 | 6,000.00 |