17-19 Februarie
9-11 Maart
20-22 April
11-13 Mei
1. Kliek op die skakel om by die registrasievorm uit te kom.
2. 'n Betaling van R 1000 deposito (Rekeningbesonderhede onder op hierdie bladsy)
3. Die balans van R 3200 is betaalbaar op die Vrydag wat die werkswinkel begin.
4. Lees asseblief die inligting oor die werkswinkel regs en onder op hierdie bladsy.
5. Daag op met baie nuuskierigheid en oop vir verandering en groei.
Ons sien uit om julle by ons te ontvang!
Die Imago "Getting The Love You Want" Werkswinkel verskaf 'n veilige omgewing waarin jy en jou maat kan ontsnap van afleidings en waar jul kan fokus op die ontdek van 'n duidelike verstaan van die storie van jul verhouding. Dit verskaf die tyd en spasie saam om jul in staat te stel om deurbraak veranderinge te maak in die manier waarop jul in verhouding met mekaar staan.
Die werkswinkel is ontwerp as 'n reis op 'n pad wat al 16 jaar lank ontwikkel is, dit neem jou stap-vir-stap deur die eksplorasie van jou verlede en die invloed daarvan op jou huidige lewe. Te same word jul aangemoedig om 'n nuwe visie te skep en te beplan aan 'n genotvolle toekoms saam.
Met die terug keer na terapie nà die werkswinkel sal jul vind dat jul gereed is om die beste daaruit te put en sal jul vinnige vordering maak in die rigting van jul verhoudings visie.
'n Persoon wat die werkswinkel bygewoon het, het gesê: "dit is soos twee jaar se terapie in 2 dae". Die intense werk wat afgehandel word in 'n werkswinkel stimuleer die veranderinge wat moeilik is om te behaal in kort terapie sessies. Dit is 'n effektiewe gebruik van tyd en geld.
There is NO excuse for anyone not attending this valuable, life-changing learning. Get here as soon as possible!