Imago Terapie
As ons op iemand verlief raak, dan is die liefde veronderstel om vir altyd te wees. Ons ontmoet die persoon van ons drome en daar vind ‘n wonderbaarlike verandering in ons plaas. Ons voel lewendig, heel, in konneksie met die wêreld en die mense daar binne. Dan, voordat ons weer sien, is die tower gevoel weg. Ontnugter, met ons drome aan skerwe, voel ons kwaad en bedrieg.
Ons probeer ons maats oortuig om vir ons te gee wat ons nodig het. Ons kritiseer, ons onttrek, ons blameer, ons intimideer, ons huil. Party van ons val vir jare in hierdie pynlike magstryd vas totdat ons óf opbreek óf hulp soek, desperaat om die aanvanklike towerkrag terug te kry wat ons eens gehad het.
Beskryf dit die verhouding waarin jy tans is. Sal jy graag die oorspronklike passie en intimiteit wil herstel wat jy voorheen gehad het? Of is jy ‘n enkellopende wat die liefde van jou lewe soek?
Wat ookal jou situasie is, Imago kan jou ‘n nuwe weg tot liefde wys.
Romantiese liefde is die onderbewuste se manier om die oorspronklike ontspanne
vreugdevolheid, wat ons as ‘n kind gevoel het, te herstel. Met hierdie doel voor oë, soek ons onbewus in verhoudings na mense wat emosioneel verteenwoordigend is van ons primêre versorgers, beide positief en negatief – jy soek jou Imago passing. Die woord Imago kom van die Latynse woord vir prentjie. Alhoewel ons versorgers beide positiewe en negatiewe trekke het, is dit veral die negatiewe trekke wat ‘n groot rol in ons verhoudings speel.
Dit alles skep baie verwarring en ontnugtering. Gelukkig, ingebed in die ontnugtering, is alles wat jou verhouding nodig het vir jou groei en vir jou heling.
Imago Verhoudings Terapie voorsien al die gereedskap en tegnieke wat nodig is vir die transformasie van jou verhouding. Dit verskaf ook belangrike onmiddelike verligting.
As ons onbewus bly van die versteekte agenda van romantiese liefde, hou ons aan om dieselfde foute te maak. Ons moet begryp dat konflik groei is wat probeer om te gebeur. Deur ons probleme met Imago Dialoog op te los, verdiep mens die emosionele band wat aanvanklik in romantiese liefde geskep is tot die kragtige binding van ware liefde. Imago verhoudingsterapie skep die veilige ruimte vir heling en groei wat kan lei tot die verhouding van jou drome. Ons kan jou help om die verhouding van jou drome te ontdek met ‘n helings- proses van dialoog en rekoneksie
U kan 'n afspraak maak vir die eerste sessie. Daar sal ek aan u die proses verduidelik soos dit op u verhouding van toepassing is. Die ideaal is dat u as ‘n paar kom. Dit maak die proses net soveel veiliger as mens dit saam aanpak. As dit nie moontlik is om u maat saam te bring nie, kom dan alleen
Die proses verloop oor 6 sessies van 2 uur elk. Die eerste vier sessies kan 2 maal per maand of minstens 1 maal per maand gebeur, die volgende vier 2 keer per maand.. Met die eerste afspraak bepaal ek saam met u waar u u bevind in die fases van ‘n verhouding en ek werk saam met u ‘n beplanning uit spesifiek gerig op u verhouding.
U kan ook direk vir 'n werkswinkel bespreek.
Die beste opsie is om 2 individuele afsprake te maak, die werkswinkel by te woon en dit weer met 2 individuele afsprake op te volg.
Indien u maat nie bereid is om te kom nie,of as u enkelopend is, is u welkom om ‘n individuele afspraak te maak. Skakel enige een van ons kantore naby aan u vir ‘n afspraak. Kom vind uit wie trek jy aan in verhoudinge en hoe om patrone te verander. Kom vind ook uit hoedat jy jou verlore deel kan vind in die mense wat jy aantrek.
Besprekings of navrae 082 331 4704
Imago
Verhoudings
is...
‘n Nuwe Weg tot LIEFDE.