Die Imago "Getting The Love You Want" Werkswinkel verskaf 'n veilige omgewing waarin jy en jou maat kan ontsnap van afleidings en waar jul kan fokus op die ontdek van 'n duidelike verstaan van die storie van jul verhouding. Dit verskaf die tyd en spasie saam om jul in staat te stel om deurbraak veranderinge te maak in die manier waarop jul in verhouding met mekaar staan.
Die werkswinkel is ontwerp as 'n reis op 'n pad wat al 16 jaar lank ontwikkel is, dit neem jou stap-vir-stap deur die eksplorasie van jou verlede en die invloed daarvan op jou huidige lewe. Te same word jul aangemoedig om 'n nuwe visie te skep en te beplan aan 'n genotvolle toekoms saam.
Met die terug keer na terapie nà die werkswinkel sal jul vind dat jul gereed is om die beste daaruit te put en sal jul vinnige vordering maak in die rigting van jul verhoudings visie.