Behou die liefde wat jy vind

Leer ken jouself in verhouding met ander: 'n Imago Werkswinkel vir individue

Het jy dit al ooit oorweeg om die netwerk van verhoudinge te gebruik om meer van jouself agter te kom? Dit wat jou na sekere mense aangetrokke laat voel sĂȘ baie van wie jy is. Dit wat jou irriteer in mense kan kosbare inligting wees om agter te kom wat is daardie "iets" in jou wat jy mis. Imago het 'n kursus vir mense wat met hulleself wil kom werk om meer bewus te leef. Ook om hulle verhouding gereedskap te verbeter en daarmee verhoudinge te verbeter. Kom reis saam met ons tot 'n gesonder, vroliker, heler en lewendiger jy. 'n Kursus met baie interessante informasie oor verhoudinge, diep heling en hope pret.

Hierdie werkswinkel is vir jou as . . .

  • jy 'n gelukkige enkellopende is en wys genoeg is om jouself te leer ken en
  • as jy oor die dinamiek van 'n intieme verhouding wil leer voordat jy in 'n vaste verhouding betrokke raak
  • jy moeg vir verhoudinge is wat nie aan jou behoeftes voldoen nie
  • jy in die begin van 'n verhouding is wat jy wil behou dit altyd wil lyk asof jy nie die regte persoon kan ontmoet nie
  • jy ander mense wil ontmoet wat dieselfde waardes as jy deel en ook daarin belangstel om 'n "bewuste verhouding" te skep.
  • jy in 'n verhouding /huwelik is en jy meer wil leer oor die onbewuste agenda wat jy in die verhouding inbring.