Na 'n huwelik van 25 jaar het ek al die gereedskap gekry om my huwelik te herstel, verder as my groot hartseer te kyk en die lewe weer met nuwe oë te kan bekyk en bewonder. Ek het baie meer selfvertroue en gemoedsrus.

Oor Imago Teorie

Imago Verhouding terapie

Wat jy kan verwag van 'n Imago huweliksberading.

Imago verhoudingsterapie skep 'n veilige omgewing sonder blaam en kritiek waar julle die gereedskap kan leer om 'n gesonde verhouding te skep.

Dit is ook 'n plek waar julle die kern van die seer van julle verhouding kan ontdek en met professionele hulp dit kan genees.

Hierdie verhoudingsberading is nie net daarop ingestel oor hoe om die konflik in jou huwelik op te los en die seer te genees nie, maar ook om jou huwelik te lei op 'n pad van re romantisering en passie.

'n Minimum van 12 sessies is nodig om 'n betekenisvolle verandering te maak. Indien affairs, verslawings of egskeiding tersprake is, is minstens 2 jaar se terapie nodig om die verhouding te herstel en op 'n beter plek te bring as voordat bogenoemde probleme begin het.

Wie moet verhoudings terapie kom doen?

  • Pare wat 'n mooi verhouding wil verdiep en hulle huwelik wil versorg.
  • Pare wat hulle huwelik wil herstel.
  • Pare wat wil skei, maar eers wil kyk of hulle huwelik herstelbaar is.
  • Pare wat op trou staan en graag hulle huwelik op 'n gesonde basis wil begin.
  • Pare wat gesonde en bewuste ouers wil wees.

Indien die volgende simptome voorkom, moet julle vir terapie kom:

  • 'n Dreigende egskeiding om die huwelik op te breek.
  • Een het reeds uitgetrek uit die huis of kamer en die huwelik.
  • Julle is van tafel en bed geskei in julle huwelik.
  • Een is in 'n affair (emosioneel of seksueel) en het die huwelik onsigbaar verlaat.
  • Daar is voortdurende onopgeloste konflik in julle huwelik.
  • Julle weet julle is lief vir mekaar, maar dit voel nie meer so in die huwelik nie.
  • Dit het stil en "ordentlik" geword in die huwelik.
  • Daar is verslawings wat julle huwelik saboteer.

Wat doen Imago verhoudingsterapie?

  • Ek help julle om te kommunikeer deur van die Imago pare dialoog gebruik te maak.
  • As julle kan dialoog help ek julle om emosionele veiligheid en konneksie in julle verhouding te herstel.
  • As dit veilig is en die konneksie is herstel, kyk ek saam met julle wat die pyn in julle spleen is wat die konflik of afstand tussen julle instand hou. Julle leer prosesse en gereedskap om uit blaam en kritiek te beweeg na empatie vir mekaar toe.
  • Ek help julle dan om die uitgange uit julle huwelik te identifiseer en toe te maak met Imago pare dialoog.
  • Die volgende stap is om te leer om frustrasies in die huwelik te gebruik tot groei.
  • Laastens help ek julle om in 'n bewuste volwasse verhouding te leef d.m.v. commitment en reromantisering.

Wat doen Imago?

Imago.... ‘n nuwe weg tot liefde As ons op iemand verlief raak, dan is die liefde veronderstel om vir altyd te wees....
Lees Meer...

Bespreek vir Werkswinkel

Bespreek vir 'n twee dae proses om jou verhouding...
Lees Meer...

Bespreek 'n Sessie

Berading sessies vir jou huwelik - een tot een. Verander vasgevangde verhoudingspatrone en genees die kern van die seer wat...
Lees Meer...

Bespreek vir 'n Intensief

'n Twee dae proses van 9:00-17:00 gedurende weeksdae met slegs een paar. Hierdie is 'n uitstekende proses as u huwelik in...
Lees Meer...

Egskeiding

Wil jy of jou maat skei? Jy wil nie verder hiermee aangaan nie en jy wil skei. Jy wil weet of dit die regte opsie is. Ons...
Lees Meer...

Affairs

Hoekom raak mense betrokke in 'n affair? Daar is baie redes. Maar een van die redes wat deur terapie verander kan word, is...
Lees Meer...

Intimiteit

Intimiteit (in-to-me-see). Alle mense het 'n diep verlange na intimiteit. Dit is meer as net die seksuele. Dit is om my diepste...
Lees Meer...

Seksualiteit

'n Langtermyn verhouding en seksuele passie is moontlik. Ontwikkel jou erotiese intelligensie. Dit is 'n fyn balans tussen...
Lees Meer...

Verslawings

Is Verslawings besig om jou huwelik te verwoes? Alkohol, dwelms, pornografie, dobbel. Jy hoef nie vasgevang te wees...
Lees Meer...

Boeke te Lees

Alanis Morissette Talks about Imago Couples Therapy

Back to Top