Ek en my man het die naweek 'n tweede kans gekry!

Oor Kobus van der Merwe

Die Christelike huwelik

Die Christelike huwelik vir die mens van die 21ste eeu.

Die huwelik het ‘n hoër missie: dit is ‘n reis tussen twee verbinde mense om mekaar te herinner aan die verloste lewe wat ons in Jesus Christus ontvang het. Dit is ook ‘n baie unieke manier om die Godgegewe lewe te versorg sodat dit kan groei en instand gehou kan word tot God se eer. Dit is ook die plek waar ‘n veilige ruimte geskep kan word sodat ons kinders in verbond kan opgroei met ‘n wyer toegang tot lewe.Die mens in die 21ste eeu is ‘n mens wat baie meer bewus met lewe omgaan. Ons is meer bewus van hoe ons ons kinders opvoed, wat ons eet, wat in die wêreld aangaan. Ons is ook deel van ‘n wêreldbeskouing wat besef dat die wêreld ‘n plek is wat in verband met mekaar bestaan. Ons sien dit in die natuur – ons weet dat elke plant en dier mekaar beinvloed en daarom lewe instand hou. Ons sien dit selfs in ons tegnologie – rekenaars is in netwerke met mekaar, motordele is interaktief met mekaar besig as ons bestuur – en dit gee ons meer keuse wat ons met inligting maak of waarheen ons ons voertuig bestuur.

In die 21ste eeu leef ons in ‘n wêreld wat verhouding in alle aspekte verstaan – behalwe in ons verhoudinge wêreld. Dit is asof die ingeneurs hierdie verstaan in motors en brue inbou, maar ons kry dit nie in die belangrikste bousteen van ons samelewing, nl die huwelik ingebou nie.

As ons oor huwelik dink, dan dink ons oor individue wat saam moet leef. Ons dink nie in terme van verhouding nie. Ons dink in terme van verskil, van konflik, van self, van persoonlikhede, maar ons dink baie min oor hoe dit alles op mekaar inwerk.

Ons het ook dikwels die huwelik verklein tot of ‘n staatsooreenkoms  - dit is op papier wat ons wetlik getroud is, en daarom getroud is. Of ons het dit verklein tot ‘n psigologiese verskynsel waar mense hulle behoefte aan afhanklikheid bevredig of hulle vrees vir alleen wees vermy. Of sommige van ons dink dat die huwelik is nodig, bloot om die menslike ras voort te laat bestaan deur voortplanting. Of vir vir baie gelowiges bly ons in die huwelik bloot omdat ons gehoorsaam aan God wil wees en dit is die enigste waarde hoekom ons daar bly. Dit voel edel, maar ook vasgevang.

Gelukkig is die 21ste mens nie meer veel geïnteresseerd in wat MOET en wat sê die samelewing nie. Die 21ste mens is nie primêr daarop gefokus om voort te plant nie. Die 21ste mens wil nie in afhanklikheid of in vermyding van vrees enige instelling instand hou nie – ook nie die huwelik nie.

Die 21 ste eeu se mens is ‘n nuuskierige mens, wat met betekenis wil leef. ‘n Bewuste mens. En juis daarom die vermoë het om met groter kompleksiteit te leef. En daarom ‘n baie hoër vermoë tot verhouding het. Hoe meer verbande / verhoudinge getrek word tussen meer dele hoe komplekser raak dit. En hoe hoër die kompleksiteit, hoe meer keuse.

Die Christelike huwelik is die beter weg tot sulke groei en ontwikkeling van lewe.

Op een vlak is die Christelike huwelik ‘n instelling waar jy kies op wie jy verlief raak. Psigologies sien ons dat daardie keuse sterk beinvloed word vanuit die onbewuste wat op sy beurt weer sterk beinvloed word deur die uniekheid van ons kinderjare. Elkeen se prentjie van liefde is dus uniek. Daarom raak mense net op spesifieke mens/e verlief. En die onbewuste keuse tot ‘n huweliksmaat word baie sterk beinvloed deur die dele van kinderjare wat onderversorg was of seergekry het. Mense wat stil is, word verlief op mense wat spraaksaam is. Mense wat onsigbaar is, word verlief op mense wat duidelik is. Chaotiese mense word op rustige mense verlief. Dit wil sê, wat ‘n mens ookal in lewe op een of ander manier in verskillende grade van verwonding verloor het, gaan die aantrekingskrag wees in die mens waarop ons verlief raak. In navorsing van wat mens as liefde sien en die trekke van die mense op wie hulle verlief raak, wil dit voorkom asof lewe self die motiveerder agter die aantrekkingskrag vir huwelik is. Mense kom bymekaar om die lewendigheid wat hulle in die reis van die lewe verloor het, weer terug te kry in die huwelik.

Dit wil voorkom asof die hoër agenda van die huwelik is om lewe te herstel sodat lewendigheid volledig na vore kan kom. As mens na huwelike kyk, dan gebeur dit waar mens
1. die vermoë het om in ‘n volledige verbinde verhouding te leef soos ‘n huwelik (commitment)
2. die vermoë het om taal te gebruik soos dialoog
3. in konneksie leef en bly

Waar mense nie hierdie vermoë ontwikkel het nie, is dit asof al die regte bestandele bymekaar is, maar die kontak is nie daar dat die werk kan gebeur nie. Die werk van huwelik kan gebeur omdat
1. daar verhouding is
2. daar lewe is.

Die Christelike geloof is ‘n geloof wat gaan oor die herstel en onderhouding van lewe in verhouding met God en mens. Die herstel lê juis daarin dat daar ‘n besef is, dat God die lewe skep en instand hou. Die herstel en instandhouding lê daarin dat God en mens in verhouding is. Jesus Christus kom om daardie verhouding te herstel en daarom lewe. Die herstel lê in die moment van kontak en die resultaat is lewe – lewendige mense in aanbidding van die Lewendige God.

Die herstel het nie ‘n karakter dat iets van voor af begin word nie, eerder dat dit wat reeds daar was net herbevestig word. Dat ons God se volk is en dat God ons Vader is, is nie nuut nie, dit is net weer herbevestig in die koms van Jesus Christus. Dit lê in die bewuste ontmoeting tussen God en mens. Die koms van Jesus Christus is nie ‘n psigologie nie. Dit is nie die dokter wat siek mense kom genees nie. Dit is ‘n ontologie. Dit is die herstel van die oorspronklike. Dit is hoe God dit van die begin af wou gehad het. God wou nog nooit skeiding gehad het nie – nie tussen mekaar nie en ook nie van Hom nie. Waarskynlik nie omdat dit oor reg of verkeerd gaan nie. Waarskynlik eerder om dat God weet dat lewe nie versorg kan word waar verhoudinge verbreek word nie. Lewe wat nie versorg word nie, kwyn. God verlang na ons lewe.

Die huwelik is die verkondiging van hierdie werk. Die huwelik is nie ‘n siekte wat behandel moet word nie. Ons maat is ook nie die christus wat ons moet kom red nie. Die huwelik is ook nie net ‘n plek waar die menslike ras moet voortplant nie. Die huwelik moet eerder ontologies verstaan word as psigologies. Die huwelik is ‘n duidelike metafoor, maar ook ‘n dringende realiteit van hoe Jesus Christus lewe bevestig en herinner. Dit is die herinnering van die Godgegewe lewe deur middel van verhouding/kontak.

Die huwelik kan ook as ‘n heilige instelling verstaan word van hoe God met Sy eie hand mense bymekaar bring sodat sy doel in en deur ons vervul kan word. Deel van daardie doel is lewe. God bring spesifieke mense bymekaar om lewe op baie spesifieke maniere te herstel.

Wat mooi is van die huwelik is hoe God op ‘n wonderbaarlike manier mense bymekaar bring wat presies lewendig is waar die ander een dit verloor het. Dit is egter nie net dat die een leef waar die ander dit verloor het nie, maar ook die vermoë het om die veiligheid te skep vir die ander wat nodig is om weer daardie deel van die lewe te waag. Stil mense kom nie net by praterige mense uit nie, maar by mense wat die vermoë het om dit veilig genoeg te maak dat die stil een weer in hierdie deel van lewe kan intree. En vice versa.

En hoe meer pare dit regkry om die werk van die huwelik te doen en hoe groter dele van lewendigheid beskikbaar kom in bekwaamheid, intelligensie, sensitiwiteit en emosioneel, hoe komplekser word lewe. En daarom meer keuse oor die kwaliteit van lewe. Die Christelike huwelik as monogame huwelik, verbonde,  wat ‘n hoër doel het om ‘n plekte wees waar ons mekaar aan die Godherstelde lewe kan herinner, is ‘n uitstekende weg vir die bewuste, nuuskierige mens wat geintereseerd is in lewe in sy volledigste vorm.

Die Christelike huwelik kan vir die 21ste eeuse mens ‘n plek word waar ons bewustelik met God, mekaar, onsself en lewe kan omgaan. Dit kan ‘n plek word waar ons getroos, herstel en gebonde die volle bedoeling van God se oorvloed kan LEEF. Ons kan gehoorsaam aan God se oproep leef: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.  Dit is die eerste en groot gebod.  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

God is reg: daar is iets soos liefde. As ons kinders in so ‘n Christelike huwelik kan opgroei, kan ons dalk ‘n beter gemeenskap skep en daarom ‘n gesonder wêreld.

Ds JF van der Merwe (Kobus)

Kobus van der Merwe - op Ontbytsake

Wat doen Imago?

Imago.... ‘n nuwe weg tot liefde As ons op iemand verlief raak, dan is die liefde veronderstel om vir altyd te wees....
Lees Meer...

Bespreek vir Werkswinkel

Bespreek vir 'n twee dae proses om jou verhouding...
Lees Meer...

Bespreek 'n Sessie

Berading sessies vir jou huwelik - een tot een. Verander vasgevangde verhoudingspatrone en genees die kern van die seer wat...
Lees Meer...

Bespreek vir 'n Intensief

'n Twee dae proses van 9:00-17:00 gedurende weeksdae met slegs een paar. Hierdie is 'n uitstekende proses as u huwelik in...
Lees Meer...

Egskeiding

Wil jy of jou maat skei? Jy wil nie verder hiermee aangaan nie en jy wil skei. Jy wil weet of dit die regte opsie is. Ons...
Lees Meer...

Affairs

Hoekom raak mense betrokke in 'n affair? Daar is baie redes. Maar een van die redes wat deur terapie verander kan word, is...
Lees Meer...

Intimiteit

Intimiteit (in-to-me-see). Alle mense het 'n diep verlange na intimiteit. Dit is meer as net die seksuele. Dit is om my diepste...
Lees Meer...

Seksualiteit

'n Langtermyn verhouding en seksuele passie is moontlik. Ontwikkel jou erotiese intelligensie. Dit is 'n fyn balans tussen...
Lees Meer...

Verslawings

Is Verslawings besig om jou huwelik te verwoes? Alkohol, dwelms, pornografie, dobbel. Jy hoef nie vasgevang te wees...
Lees Meer...
Back to Top