Opsies vir terapie

Opsies vir Pare Terapie

Opsies Vir Imago Terapie

Na gelang van u behoefte, beskikbaarheid van tyd, fondse en dringendheid, kan 'n proses wat presies vir u behoeftes pas, ontwerp word.

Daar is 4 opsies

  1. Sessies
  2. Werkswinkels
  3. Pare intensief
  4. Opvolgsessies

 

Sessies

1 Uur sessies (R 750 per uur).

'n Minimum van 8-12 sessies is nodig vir 'n sinvolle verandering

Skakel 082 331 4704 vir afsprake of stuur 'n epos.

Lees meer oor afsprake

Opvolg sessies (R 750 per uur)

Vir pare wat reeds die werkswinkel of 8 sessies gedoen het. Sessies kan die volgende insluit:

  • Verdiep jou dialoog
  • Leer om frustrasies te omskep in 'n gedragsverandering versoek
  • Seksualiteit
  • Totsiens sĂȘ proses - 4 ure (As julle besluit het om julle huwelik te beeindig en wil mekaar bewus en gesond verlaat)
  • Ontlading van woede
  • Vergifnisproses
  • Re -romantisering (goeie proses om te doen net voor julle op verlof gaan)

Lees meer oor opvolgsessies

Verhoudings Transformasie (R 2000 vir 3 ure)

Vir pare wat reeds die werkswinkel of 6 sessies gedoen het.

Hierdie is 'n terapeutiese proses om as paar met kern lewensenergie te herkonnekteer.

Bv

as een in die verhouding baie stil is, om te leer om weer in kontak met daardie deel van jou te kom wat  kan en mag praat.
as jy baie jaloers is om weer in kontak met jou selfwaarde te kom
as jy seksueel afgestomp geraak het en weer in kontak wil kom met jou seksualiteit
as jy te ernstig is, en sukkel om te speel en laf te wees
as jy sukkel om jou liefde uit te druk vir jou maat

Werkswinkels

Werkswinkels word 1 maal per maand in Pretoria aangebied  van Vrydagaand tot Sondagaand. Hierdie is 'n kernnoodsaaklike deel van die Imago proses.  Kostes beloop R 4200 vir naweek werkswinkels. Sien program vir werkswinkels in u omgewing.

Lees meer oor werkswinkels.

Pare Intensief

'n Twee dae proses van 9:00-17:00 gedurende weeksdae met slegs een paar. Hierdie is 'n uitstekende proses as u huwelik in ernstige verhoudingskrisis is. Dit is 'n gefokusde proses om u huwelik weer stabiel te kry en gereed te kry om met heling en groei te begin. Kostes beloop R 12 000 per paar. Dit sluit 4 een uur opvolgsessies oor 'n tydperk van vier maande in.

Skakel 082 331 4704 vir afsprake of stuur 'n epos aan ons.

Kobus van der Merwe - op Ontbytsake

Back to Top