Wat gebeur in 'n Imago Sessie?
Imago Sessies
Bespreking vir sessies
Huweliksberading sessies
Imago verhoudingsterapie kan gedoen word deur sessies te doen as paartjie.
Om 'n afspraak te maak, skakel 082 331 4704/3 of stuur 'n epos. Ek verkies om julle saam te sien van die eerste sessie af.
Eerste sessies is 90 minute. Opvolgsessies is 60 minute. Dit kan bespreek word by Dr Cornel van der Merwe (ingekontrakteer by die mediese fondse) of by Kobus van der Merwe (kontant betaalbaar).
Indien julle van ver af kom, of as tyd 'n kwessie is, kan julle meer as een sessie op 'n slag bespreek.
.
Voorstelle om jou maat te motiveer om te kom vir terapie indien hulle nie gewillig is om te kom nie, is:
- Gee aan hom/haar die artikel "Voorbereiding vir pare terapie"
- Vra hom/haar om vir een sessie saam met jou te kom.
- Indien hy/sy steeds weier, sal ek hom/haar skakel.
Wat jy kan verwag van 'n Imago huweliksberading sessie.
Imago verhoudingsterapie skep 'n veilige omgewing sonder blaam en kritiek waar julle die gereedskap kan leer om 'n gesonde verhouding te skep.
Dit is ook 'n plek waar julle die kern van die seer van julle verhouding kan ontdek en met professionele hulp dit kan genees.
Hierdie verhoudingsberading is nie net daarop ingestel oor hoe om die konflik in jou huwelik op te los en die seer te genees nie, maar ook om jou huwelik te lei op 'n pad van re romantisering en passie.
'n Minimum van 12 sessies is nodig om 'n betekenisvolle verandering te maak. Indien affairs, verslawings of egskeiding tersprake is, is minstens 2 jaar se terapie nodig om die verhouding te herstel en op 'n beter plek te bring as voordat bogenoemde probleme begin het.
Wie moet verhoudings terapie kom doen?
Pare wat 'n mooi verhouding wil verdiep en hulle huwelik wil versorg.
Pare wat hulle huwelik wil herstel.
Pare wat wil skei, maar eers wil kyk of hulle huwelik herstelbaar is.
Pare wat op trou staan en graag hulle huwelik op 'n gesonde basis wil begin.
Pare wat gesonde en bewuste ouers wil wees.
Indien die volgende simptome voorkom, moet julle vir terapie kom:
'n Dreigende egskeiding om die huwelik op te breek.
Een het reeds uitgetrek uit die huis of kamer en die huwelik.
Julle is van tafel en bed geskei in julle huwelik.
Een is in 'n affair (emosioneel of seksueel) en het die huwelik onsigbaar verlaat.
Daar is voortdurende onopgeloste konflik in julle huwelik.
Julle weet julle is lief vir mekaar, maar dit voel nie meer so in die huwelik nie.
Dit het stil en "ordentlik" geword in die huwelik.
Daar is verslawings wat julle huwelik saboteer.
Wat doen Imago verhoudingsterapie?
Ek help julle om te kommunikeer deur van die Imago pare dialoog gebruik te maak.
As julle kan dialoog help ek julle om emosionele veiligheid en konneksie in julle verhouding te herstel.
As dit veilig is en die konneksie is herstel, kyk ek saam met julle wat die pyn in julle spleen is wat die konflik of afstand tussen julle instand hou. Julle leer prosesse en gereedskap om uit blaam en kritiek te beweeg na empatie vir mekaar toe.
Ek help julle dan om die uitgange uit julle huwelik te identifiseer en toe te maak met Imago pare dialoog.
Die volgende stap is om te leer om frustrasies in die huwelik te gebruik tot groei.
Laastens help ek julle om in 'n bewuste volwasse verhouding te leef d.m.v. commitment en reromantisering.

