Onlangse Nuusbriewe

  • Konflik maak nie jou huwelik 'n swak huwelik nie
  • Hoe weet jy dit is nie jou skuld nie
  • 'n Moet in die huwelik.
  • Verhoudingswerk vir individue
  • Die krag van broosheid in die huwelik
  • Ons nuwe venue: Ducks Country House
  • Ontwyk die liefde jou en is jy enkellopend?
  • Verander jou huwelik deur jou gedrag te verander
  • Lewensenergie kursus
  • Jou Huwelik in 2016
  • Om lief te hê, vir Altyd, na Valentynsdag
  • Verhoudingswenk 1
  • Verhoudingswenk 2
  • Verhoudingswenk 3: Perfeksie is nie konneksie nie
  • Verhoudingswenk 4: Veiligheid lei tot Passie
  • Is dit die moeite werd om getroud te wees?

Herstel-konflik-Gou

Vir baie mense is n konflik vrye verhouding die ideaal. Al hoe pare dit gaan regkry is dat een in die verhouding moet ophou bestaan.

Harville Hendrix, stigter van Imago, sê dat dit nie die afwesigheid van konflik is wat pare suksesvol maak nie. Dit is jou vermoë om kontak te herstel ná konflik wat 'n huwelik suksesvol maak.

Read More
Soms is dit baie duidelik dat jy het iets verkeerd gedoen en dat jou eie gedrag moet verander. Bv. jy het die kar gestamp of jy het 'n huweliksherdenking vergeet. Dan is dit maklik om dit raak te sien om verskoning te vra en dit anders te doen volgende keer.

Maar dikwels voel jy aangeval in 'n verhouding of beskuldig van iets wat jy nie heeltemal seker is of dit jou saak of jou maat se projeksie op jou is nie. Dit gebeur dikwels dat ander mense op jou projekteer. Dit gebeur in huwelike, by die werk, by familie. Read More

Het jy al soms gewonder wat is "fout" met jou maat? Of gedink dat hulle baie doelbewus besig is om jou lewe vir jou moeilik te maak of te sabboteur? Juis die een met wie jy graag ń liefdes verhouding mee wil hê, is soms die een met wie jy die moeilikste verhouding het.

Jy hou byvoorbeeld van netheid. En jy werk hard om ń goeie lewenstyl vir jou gesin te voorsien. So jou vrou ry n hierdie pragtige veilige motor. Tog, elke keer as jy in die motor klim, sien jy ń klomp rommel rondlê. Sy is nie die "volwassene" wat die kinders maniere leer of verantwoordelikheid te neem om die motor netjies te hou nie.

Of, jy is ń baie sosiale mens. Jy het baie vriendinne en hou van kuier en lekker gesels. Lank. Oor alles. Tot jy klaar is. Maar nee, jy is getroud met iemand wat ongemaklik rondstaan in geselskap of vinnig aanstoot neem as iemand van hom verskil en vroeg wil huistoe gaan.

Read More

Jy hoef nie in 'n commited verhouding te wees om verhoudingsvaardighede te leer nie. As individu het ons baie meer impak op ons verhoudingslewe as wat mense besef. Mense kritiseer jou nie maar net uit die bloute of verlaat of vermy jou nie. As daar sulke verhoudingspatrone begin ontwikkel, dan dink mens baie vining dat dit die ander mense is wat dit aan jou doen. Tog gaan jy sien dat jy die enigste gemeenskaplike faktor is tussen al die mense wat dit aan jou doen. Jy het ‘n aandeel in die nagmerrie.

Hoe werk dit? In Imago dink ons daar is die drie P’s. PICK, PROJECT, PROVOKE. Jy gaan eers iemand kies (pick) wat jou aan ‘n deel van jou lewendigheid gaan herinner wat jy graag wil terughê. Soos bv jou speel of avontuurlustigheid. So as jy nie meer waag nie, gaan jy iemand kies wat baie avontuurlustig is om op verlief te raak. Maar omdat iemand (gewoonlik ons ouers in ons kinderjare) jou avontuurlustigheid onderdruk het of nooit geleentheid daarvoor geskep het nie, gaan dit gevaarlik voel om self avontuurlustig te wees. So iewers in die verhouding begin jy daarop projekteer (project). Jy gaan dit kritiseer as gevaarlik of onvolwasse of impulsief. Dan gaan jy die gedrag wat jy nie van hou nie, aanblaas (provoke). Om van jou kritiek weg te kom, gaan jou maat al hoe meer impulsief en onvolwasse optree. Solank as wat jy nie jou eie avontuurlustigheid of spelerigheid terug gekry het nie, gaan hierdie patroon homself in jou lewe herhaal.

In die komende naweek se werkswinkel vir individue help ek jou om hierdie patrone in jou lewe te herken. En dan in plaas daarvan om almal rondom jou te blameer daarvan, eerder jou eie lewendigheid terug te neem. Sodoende gaan jy gesonder mense in jou lewe aantrek of die bestaande verhoudingspatrone gaan regtig verander.

Kliek hier om te bespreek vir die werkswinkel vir individue of mense wat met hulle self wil werk om hulle verhoudingslewe te verbeter. Paartjies wat reeds die pare werkswinkel bygewoon het, kan ook hierdie werkswinkel bywoon. Paartjies betaal net vir een person.

Read More
 
 

Een van die bestandele van ń goeie huwelik is om broosheid in die teenwoordigheid van jou lewensmaat te waag. Dit is daardie deel van jou wat die sagste, kwesbaarste is. Broosheid het ń element van waag, want in die sagtheid is jy ook kwesbaar. Broosheid is ook ń waagstuk, omdat jy nie gaan weet wat die uitkoms gaan wees nie. Jy kan nie in beheer wees en broos wees nie. Jy moet kontrole laat gaan. Pare wat dit waag met mekaar, ervaar konneksie en intimiteit. Dit voel soos verhouding, en nie twee individue wat saam ń huis deel nie.

Voorbeelde van broosheid is

  • Om eerste in te tree om kontak te herstel na konflik. Soos om die ander een se hand vas te hou, al is julle op ń ongemaklike plek.
  • Om te vra vir ń dialoog.
  • Om seks te inisieer.
  • Om te los waarmee jy besig is as die ander een by die huis kom en te gaan groet.

Om so met mekaar te kan besig wees, moet dit baie veilig wees in die verhouding. Dus as jou maat nie broos in jou teenwoordigheid is nie, is die vraag nie "wat is fout met my maat nie", maar eerder "wat doen ek om dit onveilig te maak vir my maat".

Esther Perel, skrywer van Mating in Captivity sê, "die hoogste uitdrukking van mag is vrywillige oorgawe".

As jy die magstryd wil wen, kies broosheid. Dit lei tot die hoogste vlak van intimiteit.

Kyk gerus die video hieroor van Brene Brown.

Read More

ducks-waterfront

Ons is baie opgewonde om die nuus bekend te maak dat ons ń splinternuwe venue het. Een wat Imago verhoudings werk komplimenteer met lieflike natuur en gerieflike fasiliteite. Ek en Anita begin vandag op 1 April by Ducks Countryhouse as die trotse nuwe eienaars. Ons neem oor by die Coetzee familie wat vir byna vier dekade baie liefde en aandag in Ducks belê het. Ons hoop dat hier op die walle van die Kliprivier nog baie rekonneksies en heling vir huwelike en gesinne gaan gebeur.

Hiermee saam gaan Anita haar kuns met kos uitleef met ń teetuin en Sondagmiddag buffet etes. Ons het ook ń pragtige kapel en onthaalsaal vir troues en private funksies. Ons hoop om jou binnekort te bederf hier by Ducks.

Program vir die komende Naweek

Goeie Vrydag Diens

tree-top-chapelOns het Vrydag (3 April) ń diens in die kapel om 11:00. Daarna is een van Anita se heerlike middagetes beskikbaar in haar nuwe restaurant (12:00-15:00). Almal is welkom vir die diens. Bespreek asb hier indien julle ook wil kom eet.

Opening van Teetuin

img-03Saterdag (4 April) is die opening van ons teetuin.

Piekniek

img-07Maandag (6 April) het ons tien piekniekmandjies beskikbaar. Kom strek uit op lowergroen grasperke en geniet die voël lewe van die Kliprivier. Bespreek hier.

 

Vir meer inligting, besoek www.duckscountryhouse.co.za.

Read More

Ek bied 11-12 April ń Imago kursus aan vir enkellopendes wat graag gesonde verhoudingspatrone en verhoudingsgereedskap wil aanleer. Die slegte en die goeie nuus is dat ons dikwels ons eie skeppers is van ons verhoudingsnagmerries. Die slegte nuus hiervan is dat jy ń aandeel het in wat verkeerd loop in jou Verhoudings. Die goeie nuus is dat jy dit daarom kan verander. Ek gaan jou wys hoe om dit te herken in jouself en dan gereedskap wys en oefen om dit toe te pas.

Daarmee saam is dit baie moeilik om die liefde weer in jou lewe toe te laat as daar nog seer is. Ons gaan met groot veiligheid en baie ondersteuning met prosesse werk om die pyn te genees om weer te waag om lief te hê.

Daar is genoeg liefde! Vir jou ook. Kom leer om in daardie wonder van die lewe te deel.

Die kursus word aangebied by ons nuwe venue, Ducks Countryhouse. Dit is vier ster luuksheid in pragtige natuur. Verblyf en etes is sakpas beskikbaar. Ons het ń spesiale openings aanbieding hierop.

Bespreek hier.

Read More

Wil jy graag hê dat jou verhouding moet verander? Miskien wil jy hê dat julle minder baklei en julle konflik vinniger oplos. Of dalk raak jy verveeld met parralelle lewe wat julle lei en wil graag weer emosionele en seksuele passie in julle verhouding herstel. Of dalk wil jy n huwelik hê waar jy saam met iemand leef wat verbind is tot die huwelik en nie hulle aandag wegvat na ander mense of sake buite die huwelik nie.

In kort, iets moet verander. En jy is waarskynlik reg, jou huwelik moet verander. ń Huwelik verander slegs as gedrag verander. Jy kan nie ń boek lees of n werkswinkel bywoon en dink nou gaan alles verander nie. Jy moet iets doen.

Wat moet jy doen? Moet jy ouliker word, moet jy ingee, moet jy vergewe, moet jy harder probeer? Dalk het jy al dit alles probeer, maar dit het nie gewerk nie.

As jy wil hê dat iets in julle verhouding daadwerklik moet verander, dan moet jy aksies doen wat aan die volgende twee vereistes voldoen:

  1. Doen dit wat vir jou jou moeilik is om te doen. (Bv jy is n stil mens, maar nou moet jy praat oor hoe was jou dag, of jy is iemand wat graag wil antwoorde en oplossings gee, maar nou moet jy stil word en net sit en luister)
  2. Jou maat het dit nodig dat jy dit moet doen. Let wel, nie wat jy dink wat hulle nodig het nie, maar dit wat hulle sê wat hulle nodig het.

Aksies wat werklik verandering bring is dus om vir jou maat te gee wat hulle nodig het, selfs en veral as dit moeilik is om te doen.

In die huwelik is groei van die een persoon gekoppel aan die genesing van die ander persoon. As jy wil groei, doen wat jou maat genees.

Read More

Leef vanuit jou essensie en waarheid?

Die lewensenergie kursus help jou om uit jou aanpassings en wanpersepsies van jouself en die lewe uit te kom. Die kursus help jou om weer in kontak te kom met die deel van jou wat jou volle potensiaal kan leef.

Jou potensiaal kan nie bereik word vanuit vrees en oorlewing nie. Dit is slegs vanuit jou waarheid en essensie wat volle lewendigheid ontsluit kan word. Deur streshanteringstegnieke, verhoudingsvaardighede, energie oefeninge, lesings, dialoog en baie pret, is hierdie kursus 'n reis om jouself weer te vind.

Dit word aangebied by die pragtige Ducks Country House op die walle van die Kliprivier. Hierdie vyf dag kursus word aangebied deur Kobus van der Merwe, Dr Cornel van der Merwe en Ds Freek van der Merwe. Hulle bied hierdie kursus al vir 25 jaar aan met groot sukses. Kursusfooi is R 19 500 per persoon. Verblyf en etes is ingesluit by Duks Country House. Die vier ster luukse verblyf en die vredevolle pragtige natuur dra definitief by om jouself en jou siel weer te vind.

As jy ongelukkig en gespanne voel, en vasgevang in ou patrone in jou lewe, moet jy eers hierdie kursus kom bywoon voor jy verder gaan met 2016.

Skakel Elmarie by 0823314704 of epos haar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om te bespreek.

Tye: 9:00-18:00
Datum: 14-18 Januarie
Venue:Ducks Country House, Henley on Klip
Prys: Kursus R19 500 per persoon.
Verblyf en alle etes ingesluit.

Volgende kursus: Oktober 2016

Read More

Maak jou huwelik prioriteit nommer een n jou lewe. Dit is n radikale gedagte. Mense sal vra, wat van die kinders, wat van die werk, of my gesondheid, of enige ander noodsaaklikhede in ons wêreld wat ons dink ons dringende aandag nodig het.

Om jou huwelik juis nou prioriteit te maak, in ń jaar waar daar baie politieke en ekonomiese uitdagings in ons land en wêreld voorlē, is wys en strategies slim. Hoe meer omstandighede rondom mens onstabiel raak, hoe meer sal ons kreatief en gefokus kalm moet wees.

Hoe kan n gesonde huwelik jou hiermee help?

Read More

couples-painting-WebArtFebruarie is die maand waarin die liefde gevier word. Ons probeer op allerlei maniere verstaan hoe Cupido se pyle werk. As hulle afgevuur word, hoekom hulle tref wie hulle tref.

Een van die bes bewaarde geheime oor die rigting van die pyltjies, is dat die liefde bring mense wat totaal verskillend is, bymekaar. Ons weet dit eintlik. Ons sê goed soos teenoorgesteldes trek mekaar aan. Tog besef pare nie die wonder hiervan nie. Byna deur die bank vertel mense vir my dat hulle huwelik kan nie werk nie, want hulle is te verskillend. Selfs in ons regstelsel is dit die grond van die egskeiding: onherstelbare verskille tussen eggenote.

Meeste mense dink die verskille tussen hulle is iets wat opgelos moet word. As dit nie opgelos word nie, dan het die huwelik misluk.

Tog sien ons in Imago teorie dat die verskille en die onoplosbaarheid daarvan, die grond is vir die huwelik, nie vir ń egskeiding nie. Nog meer, hierdie verskille is nie iets wat opgelos moet word nie, dit is iets wat gevier en geleef moet word. Pare wat die vermoë het om die spanning van verskil te kan leef, transformeer.

Mens kan nou vra, Aggenee, moet mens heeltyd in die huwelik met spanning leef? Moet die huwelik nie tog die een plek wees waar jy ń maat het nie, ń geesgenoot waar jy kan rus nie? Wel, Cupido se pyle soek nie vir jou n rusplekkie nie, hulle soek iemand uit waar jy kan groei. Lewendigheid is belangriker as geluk in Cupido se korrel.

Om gelukkig te wees, moet jy dieselfde mense bymkaar bring. Maar daar is geen groei nie. Om te kan groei, moet jy verskil bymekaar uitbring.

Vier hierdie Valentynsmaand julle verskille. Elke mens is uniek. Jy is uniek. In plaas van om te kyk hoe jou maat se verskille ń irritasie is wat vermy of opgelos moet word, word lief daarvoor en word nuuskierig daaroor. Kyk hoe julle elkeen se uniekheid n kunstige rede is om bymekaar te wees en hoe julle ń kreatiewe span saam kan wees in julle verskille.

Dit is soos om na ń skildery te kyk. Mens sien nie ń groen streep, bruin kolle en geel blokke nie. Jy sien hoe die skilder met verskillende skakerings van kleure kunstig ń potret of natuurtoneel uitbeeld. Staan hierdie Valentynsdag terug, en kyk hoe die skakerings van julle unieke verskille, saam ń groter prentjie vorm.

Die naam van daardie skildery is lewe.

 

Bespreek vir 'n Imago Werkswinkel of Pare Intensief om jou huwelik van gewoon of vasgevang na kreatief en bewus te verander.

Read More

Kliek op hierdie video om te kyk na hierdie week se verhoudingswenk. Kyk watter belangrike kopskuif julle moet maak om in 'n gesonde, bewuste en volwasse huwelik te leef.

Read More

Kliek op hierdie video om te kyk na hierdie week se verhoudingswenk. Kyk waarop moet julle fokus om werklik met "verhouding" te werk en nie bloot die simptome nie

Read More

Kliek op hierdie video om te kyk na hierdie week se verhoudingswenk. Kyk waarop moet julle fokus om werklik met "verhouding" te werk en nie bloot die simptome nie

Read More

Kliek op hierdie video om te kyk na hierdie week se verhoudingswenk. Kyk waarop moet julle fokus om werklik met "verhouding" te werk en nie bloot die simptome nie

Read More

46652285 mOf anders gevra, is die huwelik die gesondste plek vir die individu om te wees? Veral in ‘n monogame, intieme verhouding. Lewenslank? Elke dag?

Ek lees gisteraand ‘n artikel oor die Bybelse huwelik. Dat daar eintlik nie monogamie in die Bybel voorkom nie. Inteendeel, dit was een van die voorskrifte om jou broer se vrou te neem as hy sterf om ‘n nageslag te baar. Salomo het 700 vrouens en 300 byvrouens gehad. Histories lyk dit of monogamie eerder ‘n grieks romaanse instelling was as Joods Christelik. Dit is volgens die studie maar eers onlangs wat seks buite die huwelik as ‘n problem gesien is. Saam met die klem deesdae op die regte van die individu om vrye, eie keuses te maak, saam met die hoë egskeidingsyfer, en wat ons as Bybels sien dalk nie heeltemal so Bybels is nie, waarom die huwelik?

Wat dalk groter is as die huwelik, is dat God ‘n wêreld geskape het waar alles in verhouding is met alles. Die totale skepping is in verhouding. Dit is ook ‘n aktiewe verhouding. Die boom staan nie net langs die rivier nie, die boom kry water, die hele tyd, uit die rivier. Die son hang nie maar net ‘n paar duisend kilometer weg van die aarde in die hemelruim nie, die son beinvloed alles hier op aarde die hele tyd. As die son ophou, hou ons op. As die rivier ophou, hou die boom op, en ons ook. Dat alles nie geisoleerd is nie, maar in verhouding is, maak dat alles kan bestaan. Verhouding is bestaan. Ons bestaan want ons is in verhouding. En verhouding is ‘n aktiewe proses, dit is nie ‘n statiese posisie nie.

Die huwelik is dit vir die mens. Ons wil bestaan. Ons streef na lewe. Op jou eie oorleef jy, maar in verhouding is ons lewendig.

Read More

Adventure in Intimacy Couples Workshop