Kontak

Kobus van der Merwe
Adres:
Mitchell Bank weg 32 (Henley)
Faerie Glenn ( Pretoria)
Henley on Klip en ook Pretoria
Suid Afrika
Selfoon:
0823314704

Kontakvorm

Stuur 'n epos
(optioneel)

Ander inligting

Ander inligting:

Kobus van der Merwe Verhoudings Imago Terapeut / Werksinkel Aanbieder / Lid van die Internasionale Imago Fakulteit Kobus het opgegroei in 'n gesin waar hulle al hulle tyd en energie gebruik het om met mense besig te wees. Sy pa, Freek, is 'n predikant en sy ma, Cornel, is 'n psigiater. Hulle het die saadjie geplant vir Kobus se belangstelling in menslike dinamiek en energie, die lewensaar van verhoudinge. In 1992 het Kobus sy graad in teologie voltooi en 5 jaar as predikant van die NHK gedien. Dit was gedurende hierdie tyd waarin hy in sy werk as predikant en in sy persoonlike lewe met baie vrae oor verhoudinge gekonfronteer is. Dit is ook hier waar sy liefde vir die studie en eksplorasie vir heling in verhoudings begin het. Dit het hom gemotiveer om prosesse te ondersoek wat die fyn tapisserie van die huwelik en familie sal genees en instand sal hou. Vanaf 1996 praktiseer hy in IDENT as 'n gesins- en huweliksberader. Die instituut het 'n sistemiese benadering om mense in hulle lewe en verhoudinge tot nuwe lewensenergie te lei. Hy voltooi in 2000 sy honneurs graad in sielkunde aan UNISA. Na intensiewe navorsing van programme wat wêreldwyd aangebied word, woon Kobus en sy vrou, Anita 'n Imago Verhoudingsterapie program by. Kobus het die program onmiddellik geidentifiseer as een wat hy kan aanbied en deel met ander. Hy het die Imago kliniese en gevorderde opleiding suksesvol voltooi. Die program fokus daarop om deelnemende pare weer op 'n siels vlak in konneksie te bring eerder as om vanuit karakter aanpassings in verhouding te staan. Die program lei pare om hulle te verbind tot 'n bewuste en volwasse verhouding. In 2002 het Kobus sy IMAGO opleiding in Denemarke voltooi en is nou een van die geakkrediteerde terapeute in die land om die internasionaal bekende werkswinkel "GETTING THE LOVE YOU WANT" aan te bied. Hy is pas toegelaat op die Imago Internasionaal Akademie en toegelaat tot die internskap om ander terapeute op te lei in Imago Verhoudingsterapie Om die tapisserie van die huwelik en gesin te skep en te onderhou, is 'n integrale deel van Kobus se eie lewe. Hy en Anita is in 1992 getroud en het drie pragtige kinders , Freek, Hendrien en Cornel Kobus vind sy grootste verwondering, vreugde, vrede en vervulling in sy kinders en in die bewuste verhouding met Anita wat hulle kon skep deur hulle ervaring met Imago