Hoe weet jy dit is nie jou skuld nie

Soms is dit baie duidelik dat jy het iets verkeerd gedoen en dat jou eie gedrag moet verander. Bv. jy het die kar gestamp of jy het 'n huweliksherdenking vergeet. Dan is dit maklik om dit raak te sien om verskoning te vra en dit anders te doen volgende keer.

Maar dikwels voel jy aangeval in 'n verhouding of beskuldig van iets wat jy nie heeltemal seker is of dit jou saak of jou maat se projeksie op jou is nie. Dit gebeur dikwels dat ander mense op jou projekteer. Dit gebeur in huwelike, by die werk, by familie.

Hoe jy weet of ander op jou projekteer, is wanneer jy die volgende kombinasie emosies ervaar:

Wat is Projeksie?
Sake waarmee jou maat nie in hulle lewe gewerk het nie en dan hou hulle jou verantwoordelik vir hulle pyn

· verward

· hartseer

· skuldig

* kwaad.

As jy hierdie groep emsosies saam ervaar, kan jy redelik seker weet, hierdie is nie jou bagasie nie, dit is dinge waarmee jou maat moet gaan werk.

Wat maak jy met 'n projeksie?

Mens se eerste reaksie is om te sê: “Hierdie is nie my bagasie nie, gaan sorteer jouself uit”. Jy wil kontak breek, want dit voel vuil, swaar, seer en geblameer as daar op jou geprojekteer word. Die kuns is egter om juis kontak te behou. Mense projekteer net op ander as dit te seer is om self daarmee te werk. En die seer moet genees. Geen seer genees as jy verlaat word nie. Dit is juis binne verhouding waar mense seer genees. As jy kan leer om nie of weg te kwyn onder die blaam en kritiek nie of nie weg te loop en jouself af te sny nie, maar in dialoog jou maat se storie kan hou, kan jou maat genees.

Imago Dialoog help pare om dit reg te kry.

  1. Bly in kontak tydens konflik
  2. Genees die pyn/ongemak agter die konflik
  3. Leer dialoog
  4. Groei uit die magastryd tot n volwasse verhouding

 

 

 

Voorbeeld van projeksie:

Die man kom by die dokter en kla dat sy vrou besig is om doof te word. Hy wil graag raad by die dokter kry, want dit is baie irriterend. En sy vrou wil niks aan haar probleem doen nie. Hy sal nou maar namens haar iets doen vir haar probleem.

Die dokter het aandagtig geluister en gee toe die volgende advies:

Gaan staan 50 meter weg van jou vrou en sê vir haar in jou gewone stem: Skat, die kos brand. As sy nie reageer nie, stap 5 meter nader en herhaal weer: “Skat, wat eet ons vanaand?” Hou hiermee aan totdat sy reageer. Hierdeur kan jy vasstel hoe doof is jou vrou.

Opgewonde om dit vas te stel gaan die man huis toe en begin toe met die prosedure op 50 meter. “Skat, wat eet ons vanaand?”. Sy reageer nie. Hy stap 5 meter nader en herhaal weer. Geen reaksie. Hy doen dit op 40m, 35m totdat hy teen haar gaan staan. Uitgeput sê hy, “Skat, wat eet ons vanaand?” Sy antwoord hom “Vir die 10de keer,HOENDER!”

 

·