Jou Huwelik in 2016

Maak jou huwelik prioriteit nommer een n jou lewe. Dit is n radikale gedagte. Mense sal vra, wat van die kinders, wat van die werk, of my gesondheid, of enige ander noodsaaklikhede in ons wêreld wat ons dink ons dringende aandag nodig het.

Om jou huwelik juis nou prioriteit te maak, in ń jaar waar daar baie politieke en ekonomiese uitdagings in ons land en wêreld voorlē, is wys en strategies slim. Hoe meer omstandighede rondom mens onstabiel raak, hoe meer sal ons kreatief en gefokus kalm moet wees.

Hoe kan n gesonde huwelik jou hiermee help?

Navorsing het bewus dat gesonde, veilige intimiteit die deel van jou brein en senuweesisteem kalmeer wat jou angstig laat voel. Deur gereeld aan mekaar te raak, na mekaar te kyk, mekaar te hoor, bring groot kalmte. Ons is so geskape dat ons binnewereld nie deur oorlewing gereguleer word nie, maar deur in verhouding te wees. Dit beteken dat ons nie van bekommernis tot kalmte verander deur meer rigied te word of harder te probeer (oorlewing) nie, maar deur deur dialoog en konneksie. ń Gesonde, intieme huwelik waar spanning vinnig deur dialoog opgelos word, is een van die mees effektiefste plekke waar mens gegrond en kalm koers oan hou in onstuimige omstandighede. Mense bereik baie meer vanuit veiligheid as vanuit angs en bekommernis.

Die Imago werkswinkels help pare om uit die diskonneksie, wat lei tot oorlewing, te groei tot rekonneksie, wat lei tot lewendigheid. Die werkswinkels is van 2016 af drie volle dae. Vir drie dae neem ek jou op n reis om weer die wonder van jou huwelik en mekaar te ontdek.

Kom belê in jou huwelik, jouself en jou gesin. Moenie toelaat dat spanning en die wêreld se tydelike woelinge hierdie kosbaarhede vernietig nie.