Konflik maak nie jou huwelik 'n swak huwelik nie

Herstel-konflik-Gou

Vir baie mense is n konflik vrye verhouding die ideaal. Al hoe pare dit gaan regkry is dat een in die verhouding moet ophou bestaan.

Harville Hendrix, stigter van Imago, sê dat dit nie die afwesigheid van konflik is wat pare suksesvol maak nie. Dit is jou vermoë om kontak te herstel ná konflik wat 'n huwelik suksesvol maak.

Daar is nie fout met jou huwelik as jy en jou lewensmaat verskil oor hoe die kinders se opvoeding gedoen moet word nie, of hoe dit met julle huwelik gaan nie, of moet die honde binne of buite slaap in die winter. Daar is selfs nie eers fout as julle spanning ervaar oor julle verskille nie. Spanning kom op in seer, magteloos, onsigbaar, gebruik ens. Selfs ook nie eers as ons reageer nie. Reaksies soos stilte, omdraai en loop of huil, agtervolg of vasklou.

Dit is wat jy na die konflik en reaksie doen, wat baie gaan bepaal hoe dit met jou huwelik gaan. As julle dit kan regkry om saam weer ń besluit te maak om kontak te herstel, ongeag van of jy reg of verkeerd voel, is wat ń verhouding suksesvol maak of nie. Dit kan so eenvoudig wees om weer hande vas te hou, of om ń gesprek te inisieer, of op sy heel beste oor te gaan Intensionele Dialoog. Die oomblik as dit gebeur is daar ń verskil oor wat is die probleem en wat is die verhouding. As dit nie gebeur nie, is dit nie meer die sokkies op die vloer wat die probleem is nie, maar die verhouding word die probleem.

Jou verhouding is deel van die oplossing. Solank jy in kontak en gesprek bly gaan julle by ń beter oplossing opdaag as dat een in die verhouding reg is en die ander een verkeerd is. Jy gaan ook op ń beter plek opdaag as om die konflik te vermy deur ń stukkie van jou of die lewe prys te gee.

Imago Dialoog help jou om gesond deur die magstryd te groei tot meer lewe, ń heler jy en nader aan ontspanne vreugdevolheid.