'n Moet in die huwelik.

Het jy al soms gewonder wat is "fout" met jou maat? Of gedink dat hulle baie doelbewus besig is om jou lewe vir jou moeilik te maak of te sabboteur? Juis die een met wie jy graag ń liefdes verhouding mee wil hê, is soms die een met wie jy die moeilikste verhouding het.

Jy hou byvoorbeeld van netheid. En jy werk hard om ń goeie lewenstyl vir jou gesin te voorsien. So jou vrou ry n hierdie pragtige veilige motor. Tog, elke keer as jy in die motor klim, sien jy ń klomp rommel rondlê. Sy is nie die "volwassene" wat die kinders maniere leer of verantwoordelikheid te neem om die motor netjies te hou nie.

Of, jy is ń baie sosiale mens. Jy het baie vriendinne en hou van kuier en lekker gesels. Lank. Oor alles. Tot jy klaar is. Maar nee, jy is getroud met iemand wat ongemaklik rondstaan in geselskap of vinnig aanstoot neem as iemand van hom verskil en vroeg wil huistoe gaan.

Moenie bekommer nie. Jy het nie die "vyand" getrou nie en die liefde het jou nie ń streep getrek nie. Die liefde is wys. Een van die on-onderhandelbare aspekte van die huwelik, is dat jy moet die seer uit jou kinderjare in die verlede vandag afhandel. Jy kan dalk nou dink, "alweer kinderjare"... en ja, alweer kinderjare. Om daardie seer te kan genees, moet jy eers agterkom wat is die seer van jou kinderjare. Die magstryd in die huwelik herskep die seer van jou kinderjare 100% weer so. As jy as kind alleen gevoel het, gaan jy weer so voel in jou huwelik. As jy onsigbaar of versmoor gevoel het, gaan jy weer so voel in jou huwelik. En hoekom dit on-onderhandelbaar is, is dat jy kan die huwelik talle male verlaat en iemand anders trou, jy gaan weer iemand kies wat die seer van die kinderjare vir jou gaan herskep. Hoekom dit ook onderhandelbaar is, is dat jy kan mekaar in die magstryd ignoreer en ongemaklike situasies vermy, maar die pyn gaan groei en daar bly, TOTDAT JULLE IETS DAARAAN GAAN DOEN! 

En dit is die punt. Julle moet iets daaraan doen. Jy is nie alleen gebore nie, jy is nie onsigbaar gebore nie. Daar het goed met jou gebeur waarvan jy dalk nie eers bewustelik weet nie. Dat seer gebeur het, is normaal. Maar dat seer seer moet bly, is abnormaal. Dit moet genees.

Jy het nie jou vyand getrou nie. Jou maat is nie moedswillig nie. Jy het iemand gekies as lewensmaat wat baie vernuftig jou bewus maak van die onbewuste. Wat jou help om te onthou waar is die seer en wat is die seer.

Maar dit is nie al nie. Indien julle met dialoog ń bewuste en veilige verhouding skep, is julle kombinasie ook die perfekte kombinasie om die seer van die kinderjare te genees. Deur harde en doelbewuste werk, kan julle huwelik n plek word van genesing.

Alleen kan verander in tesame, gebruik in waardeer, onsigbaar in prioriteit en spesiaal, uitgebuit in ondersteuning, verwaarloos in versorg. En lewe en huwelik kan weer n ervaring word van ontspanne vreugdevolheid.

Imago verhoudings terapie ondersteun jou huwelik om die onbewuste agenda van heling te voltooi.