Verander jou huwelik deur jou gedrag te verander

Wil jy graag hê dat jou verhouding moet verander? Miskien wil jy hê dat julle minder baklei en julle konflik vinniger oplos. Of dalk raak jy verveeld met parralelle lewe wat julle lei en wil graag weer emosionele en seksuele passie in julle verhouding herstel. Of dalk wil jy n huwelik hê waar jy saam met iemand leef wat verbind is tot die huwelik en nie hulle aandag wegvat na ander mense of sake buite die huwelik nie.

In kort, iets moet verander. En jy is waarskynlik reg, jou huwelik moet verander. ń Huwelik verander slegs as gedrag verander. Jy kan nie ń boek lees of n werkswinkel bywoon en dink nou gaan alles verander nie. Jy moet iets doen.

Wat moet jy doen? Moet jy ouliker word, moet jy ingee, moet jy vergewe, moet jy harder probeer? Dalk het jy al dit alles probeer, maar dit het nie gewerk nie.

As jy wil hê dat iets in julle verhouding daadwerklik moet verander, dan moet jy aksies doen wat aan die volgende twee vereistes voldoen:

  1. Doen dit wat vir jou jou moeilik is om te doen. (Bv jy is n stil mens, maar nou moet jy praat oor hoe was jou dag, of jy is iemand wat graag wil antwoorde en oplossings gee, maar nou moet jy stil word en net sit en luister)
  2. Jou maat het dit nodig dat jy dit moet doen. Let wel, nie wat jy dink wat hulle nodig het nie, maar dit wat hulle sê wat hulle nodig het.

Aksies wat werklik verandering bring is dus om vir jou maat te gee wat hulle nodig het, selfs en veral as dit moeilik is om te doen.

In die huwelik is groei van die een persoon gekoppel aan die genesing van die ander persoon. As jy wil groei, doen wat jou maat genees.

In die Imago sessies en werkswinkels leer ek pare om die blaam, kritiek en stilstuipe te stop en hierdie negatiwiteit te vervang met 'n versoek tot versorging. Onder al ons kritiek lê eintlik n onvervulde behoefte.
Die versoek tot versorging word omgesit in praktiese, meetbare en spesifieke gedrag.
Die nuwe gedrag word uitgevoer in die die volgende week of twee weke.
Die een wat die werk doen groei, die een wat dit vra en ontvang genees.
As hierdie proses herhaal word vir n tydperk van twee tot ses jaar, gebeur diep en werklike verandering.