Verhoudingswerk vir individue

Jy hoef nie in 'n commited verhouding te wees om verhoudingsvaardighede te leer nie. As individu het ons baie meer impak op ons verhoudingslewe as wat mense besef. Mense kritiseer jou nie maar net uit die bloute of verlaat of vermy jou nie. As daar sulke verhoudingspatrone begin ontwikkel, dan dink mens baie vining dat dit die ander mense is wat dit aan jou doen. Tog gaan jy sien dat jy die enigste gemeenskaplike faktor is tussen al die mense wat dit aan jou doen. Jy het ‘n aandeel in die nagmerrie.

Hoe werk dit? In Imago dink ons daar is die drie P’s. PICK, PROJECT, PROVOKE. Jy gaan eers iemand kies (pick) wat jou aan ‘n deel van jou lewendigheid gaan herinner wat jy graag wil terughê. Soos bv jou speel of avontuurlustigheid. So as jy nie meer waag nie, gaan jy iemand kies wat baie avontuurlustig is om op verlief te raak. Maar omdat iemand (gewoonlik ons ouers in ons kinderjare) jou avontuurlustigheid onderdruk het of nooit geleentheid daarvoor geskep het nie, gaan dit gevaarlik voel om self avontuurlustig te wees. So iewers in die verhouding begin jy daarop projekteer (project). Jy gaan dit kritiseer as gevaarlik of onvolwasse of impulsief. Dan gaan jy die gedrag wat jy nie van hou nie, aanblaas (provoke). Om van jou kritiek weg te kom, gaan jou maat al hoe meer impulsief en onvolwasse optree. Solank as wat jy nie jou eie avontuurlustigheid of spelerigheid terug gekry het nie, gaan hierdie patroon homself in jou lewe herhaal.

In die komende naweek se werkswinkel vir individue help ek jou om hierdie patrone in jou lewe te herken. En dan in plaas daarvan om almal rondom jou te blameer daarvan, eerder jou eie lewendigheid terug te neem. Sodoende gaan jy gesonder mense in jou lewe aantrek of die bestaande verhoudingspatrone gaan regtig verander.

Kliek hier om te bespreek vir die werkswinkel vir individue of mense wat met hulle self wil werk om hulle verhoudingslewe te verbeter. Paartjies wat reeds die pare werkswinkel bygewoon het, kan ook hierdie werkswinkel bywoon. Paartjies betaal net vir een person.