Vir pare wat reeds die werkswinkel of 6 sessies gedoen het. In die reis van die huwelik groei bewuste pare na nuwe vlakke van groei. Opvolgprosesse is beskikbaar om jou huwelik hierin te ondersteun.
Leer kommunikasie wat lei tot konneksie en groei. Leer om met jou volle aandag en fokus te luister en met jou volle persoon teenwoordig te wees. Leer ook om jou "bril" eenkant te sit (angs, behoefte aan goedkeuring, behoefte om reg te wees, om te analiseer, om te red)
Leer om te Dialoog inplaas van Debateer
Vir baie pare is seksualiteit 'n ongemaklike, stille magstryd. En dit terwyl elkeen eintlik verlang na die intimiteit en passie van die seksuele. Elke mens se seksualiteit is uniek. Besoek mekaar se wêreld van seksualiteit en genees dit wat julle passie knou.
'n Proses om totsiens te sê vir 'n fase in julle verhouding wat baie pyn gebring het, en julle vorentoe wil beweeg.
Dit is ook 'n proses vir pare wat besluit om te skei en bewustelik mekaar op 'n beskaafde manier wil verlaat.
Woede is protes teen diskonneksie. Diskonneksie van jouself, van die ander en van die lewe. Daar is belangrike goed om te sê en te hoor in woede. Dit help nie om dit te onderdruk of die slagoffer van gereelde ontploffings daarvan te wees nie. Imago het 'n proses waar julle in 'n baie veilige omgewing, gestruktureerd met die woede in die verhouding te werk. Dit is slegs vir pare wat reeds weet hoe om te dialoog en wat reeds met projeksies gewerk het (weet van die 90/10% beginsel).
Hierdie is 'n mooi proses om verantwoodelikheid te neem vir jou aandeel in die pyn van die verlede en bewustelik in 'n vergifnisproses van herstel die nuwe in te beweeg. Hierdie is nie 'n proses om dieper in skuld en blaam in te beweeg nie, maar om ligter en gesonder en heler te word na wat in die verlede gebeur het. Dit is slegs vir pare wat reeds weet hoe om te dialoog en wat reeds met projeksies gewerk het (weet van die 90/10% beginsel).
Verdiep die passie in jou verhouding. Leer om saam vreugde uit te druk. Leer om jou liefde uit te druk. Kom leer ook om liefde te ontvang. Minstens 45% van jou verhoudingsiklus kan in 'n plek wees van speel, kreatief, versorg, eksplorasie en intimiteit.
Vir pare wat reeds die werkswinkel of 6 sessies gedoen het.
Hierdie is 'n terapeutiese proses om as paar met kern lewensenergie te herkonnekteer.
Bv
Skakel 082 331 4704 vir 'n afspraak.