Oor Ons

Kobus van der Merwe

Kobus het in 1996 as Kliniese Imago Terapeut gekwalifiseer. Hy spesialiseer in huweliksterapie en sien vir die afgelope 17 jaar slegs paartjies. Hy is tans lid van die Imago Internasionale Fakulteit en gee opleiding aan professionele beroepe in Imago Teorie. Hy bied ook werkswinkels aan vir pare en individue in Imago. Kobus is getroud met Anita en het drie pragtige kinders. Sy visie is om gesinne te bemagtig om veilige plekkke te wees waar ons kinders die beste kans kan kry op gesonde en bewuste lewe. Sy groter visie is 'n Suid Afrika met gesonde verhoudinge waar die verantwoordelikheid van gesondheid by ons elkeen in ons eie huis begin.

 
 

Dr Cornel van der Merwe

Cornel is 'n mediese praktisyn wat in amper elke afdeling van medisyne gewerk het totdat sy in 1992 haar as 'n psigiater bekwaam het. Sy was altyd geïnterresseerd in metodes om mense uit vasgevangde patrone te begelei en het in velerlei rigtings opleiding ontvang bv. in verskillende rigtings van hipnoterapie, Imago pare terapie, "The Journey" van Brandon Bays en "The Work" van Byron Katie, Energie Sielkunde ens. Afgesien van die individule terapie sessies wat hulle op "n gereelde basis doen, bied hulle ook een maal per maand 'n Lewensenergie kursus aan waarvan verdere informasie op die webwerf beskikbaar is.Ook 'n twee dag werkswinkel een maal per maand in Imago pareterapie met 'n opvolg Imago intensief twee dag werkswinkel een maal per maand..

 
 
<

Ds Freek van der Merwe

Freek was vir 40 jaar predikant in die  NHKA. Hy het sy Meestersgraad verwerf in Spelterapie. Sy spesialiteite is spelterapie met kinders en gesinsterapie. Hy is ook 'n opgeleide kliniese Imago Verhoudingsterapeut.

 
 

Anita van der Merwe

Anita het die "Educational" been van Imago opleiding voltooi. Omdat ons weet dat dit 'n groot stap is om te neem om vir huweliksterapie te kom, hanteer sy persoonlik elke oproep en bespreking. Anita se passie is ook kunstige kookvernuf. Sy sorg vir keurige verversings en etes tydens werkswinkels en intensiewe sessies.