Werkswinkels Individue

Werkswinkel vir enkellopendes

Behou die Liefde wat jy Vind

Groen-vrou-by-rivierWerkswinkel vir enkellopendes of individue wat meer bewus in verhoudinge wil leef

Hierdie werkswinkel is vir jou as . . .

  • jy 'n gelukkige enkellopende is en wys genoeg is om jouself te leer ken en as jy oor die dinamiek van 'n intieme verhouding wil leer voordat jy in 'n vaste verhouding betrokke raak
  • jy moeg vir verhoudinge is wat nie aan jou behoeftes voldoen nie
  • jy in die begin van 'n verhouding is wat jy wil behou
  • dit altyd wil lyk asof jy nie die regte persoon kan ontmoet nie
  • jy ander mense wil ontmoet wat dieselfde waardes as jy deel en ook daarin belangstel om 'n "bewuste verhouding" te skep.
  • jy in 'n verhouding /huwelik is en jy meer wil leer oor die onbewuste agenda wat jy in die verhouding inbring.

In hierdie Werkswinkel kan jy . . .

  • verstaan hoekom jy dieselfde soort mense aantrek
  • jou Imago Identifiseer, die maat wat jou onbewuste brein vir jou gekies het.
  • jou verdedigings herken en leer hoe om in 'n intieme verhouding te wees sonder om mure om jou op te stel.
  • verstaan wat die verband is tussen die frustrasies wat jy in vorige verhoudings ervaar het en die frustrasies wat jy as kind ervaar het. Jy kan ook verstaan waar jy kwesbaar is as gevolg van onversorgde behoeftes uit jou kinderdae.
  • pynlike herinneringe laat gaan, rou en totsiens sê vir vorige geliefdes.
  • leer en oefen praktiese, essensiële verhoudings vaardighede om die negatiewe patrone van kontak te verander.
  • ontdek hoe jy jou verhouding saboteur om jouself te beskerm teen vrees en verwagte seer.
  • 'n persoonlike uitvoerbare plan skep vir aksie
  • agterkom dat jy jouself kan verander en 'n regtig die mens wees wat wonderlik is om as maat te hê om die Liefde te behou wat jy Vind!

Be the change you want to see....

Belangrike Info

Google Apps Verify