• Gourmet Etes

    Heerlike etes word bedien, voorberei deur Anita se fynproewer kookkuns.
  • Moderne Konferensie Geriewe

    Gerieflike Stoele. Moderne Tegnologie.
  • Uitgestrekte Tuine

    Ducks het ’n ongelooflike mooi tuin. Die tuin is vol hoë ou bome en is oortrek met ivy beddings.
  • Luukse Verblyf

    3 van die kamers is log cabins in die tuin. Die cabins is baie luuks toegerus met smaakvolle dekor.
  • 1

Ducks Country House

Ducks country house is 'n pragtige plattelandse venue wat geleë is op die Kliprivier oewer waar heelwat eende al hul tuiste gevind het. Dit is in die hartjie van die boomryke dorpie, Henley op klip. Die Venue is gevestig en word bedryf vanaf 1976. Die rustigheid van die lowergroen bome, kabbelende rivier en voëlgesang maak Ducks die ideale wegbreek venue. Ducks is ongeveer 40 minute van Johannesburg en 60 minute van Pretoria afgeleë. Alberton, Meyerton en Heidelberg is in die nabye omgewing.

Die venue bestaan uit 'n 4 ster gegradeerde 7 bed gastehuis. Waarvan 3 kamers log cabins in die tuin binne in 'n bamboesbos is. 'n Groot grasperk en 'n uitsig op die rivier maak Ducks beslis 'n plek om by te kom ontspan of om heerlike tuisgemaakte kos te eet of om 'n feestelike gesellighede saam met vriende en geliefdes te ervaar.

ducks-waterfront

3 van die kamers is log cabins in die tuin. Die cabins is baie luuks toegerus met smaakvolle dekor. Die eenhede is omring deur bamboes bosse om by te dra tot die privaatheid van die gaste wat daar oornag. Die tuin het pragtige groot bome wat 'n rustige atmosfeer skep. Die voëls en eende is deurentyd hoorbaar en die rivier kabbelings dra by tot 'n baie ontspanne verblyf. Die rivieroewer grasperk nooi gaste uit om hul uit te strek op 'n piekniek kombers of om met 'n verkyker en 'n voëlgids die dag deurbring.
Die kamers se fasiliteite sluit die volgende in:

  • Air-conditioning..
  • Heaters and electric blankets for the cold winter months
  • Laundry services is available
  • DSTV.
  • Wireless internet access.
  • Tea/Coffee facilities in room.
  • Safe Housekeeping.
  • Toiletries Provided

All Rooms are smoke free zone's

4 van die kamers is in die hoof huis. Die kamers in die hoof huis is baie ruim en is met luukse dekor versier. Die kamers is op die boonste verdieping van die hoof huis geleë wat bydrae tot die privaatheid van ons gaste. Goeie sekuriteit word gebied vir die gaste se gemoedsrus. Elke kamer se badkamer is ook toegerus met 'n stort en 'n bad. Die rustigheid van die omgewing dra by tot 'n ontspanne verblyf.

Werkswinkel Oornag Pakette

Verblyf is nie ingesluit in die werkswinkel prys nie.

Aantal

Nagte

Pare Individue

Individue 

Deel

 1  R900 R600 R450
 2 R1600  R1000 R800
 3  R2100 R1300 R1050

Alle pryse sluit Ontbyt in.

Middagetes ingesluit by werkswinkel.

Aandetes beskikbaar.

Romantiese Ete Saterdagaand R 185 pp

Aandetes Vrydag en Sondag R 185 pp.

Gelisensieerde Restaurant.

Spitskop str 338, Die Wilgers, Pretoria