Intensief

Huwelikskrisis

'n Drie dae proses van 9:00-20:00 gedurende weeksdae met slegs een paar. Hierdie is 'n uitstekende proses as u huwelik in ernstige verhoudingskrisis is. Dit is 'n gefokusde proses om u huwelik weer stabiel te kry en gereed te kry om met heling en groei te begin. Sluit twee dae verblyf by Ducks Country House in met alle etes ingesluit.

25% afslag op Imago Pare Werkswinkel.R 24 999
 

Affair

Om verby n affair te kom, moet daar drie prosesse gebeur

  1. Herstel die huwelik. Veiligheid, kommunikasie en konneksie moet herstel word
  2. Genees die pyn. Beide mense het pyn ervaar.
  3. Herstel intimiteit, emosioneel en fisies

Die proses strek oor ses maande

  • Drie dag intensief by Kobus van der Merwe
  • Drie dag werkswinkel by Kobus van der Merwe
  • Vyf individuele sessies elk by Dr Cornel van der Merwe
  • Drie maande weeklikse opvolg by Kobus van der Merwe
  • Drie maande twee weeklikse opvolg by Kobus van der Merwe

R 45 000

 

Intensief

Hierdie is slegs vir paartjies wat getroud wil wees en ń uitstekende huwelik wil hê.

Intensief-skuifDie prosesse wat jy tot dusver gedoen het, was gefokus op heling, en dit impliseer seer in die verlede. Dit is belangrik om daarmee te werk en is waarskynlik iets waarmee ons elkeen permanent moet werk. EN...iewers moet mens ook met ander sake werk as seer en verlede. Hierdie proses gaan jou huwelik se fokus skuif na julle elkeen se waarheid en essensie.

Wanneer julle mekaar ontmoet in julle waarheid en essensie, gaan nuwe kreatiewe lewe in julle huwelik navore kom. Dit is die kontak "zone" vir optimale huwelik.

 Hierdie is n moet vir jou huwelik as jy dieper, "waarder", nader, lewendiger, meer intiem en kreatief en nuut saam met mekaar wil leef.

Dit sluit luukse verblyf by Ducks Country House in met romantiese aand etes, masering sessie, heerlike ontbyt - ń lafenis vir hart en siel, en groei vir jou huwelik.

Daar is net sewe sessies beskikbaar. Die koste beloop R24 999 vir drie dae. Dit sluit al bogenoemde in.

Wat is waarheid en essensie?

As mens bang of seer is, dan pas jy aan om die pyn te keer of te hanteer. Dit is oorlewing. Bv stil, skaam, teruggetrokke, seksueel koud, onemosioneel, rigied. Oorlewing laat jou alleen. Waarheid en essensie is om uit jou aanpassings terug te kom na wie jy werklik is. Bv nuuskierig, spontaan, sigbaar, vreugdevol, seksueel passievol, emosioneel wakker, bewus, ens. In ons oorlewing sê ons goed soos ek het jou nie meer lief nie, ek kan nie, los my uit, dit gaan nooit verander nie, ek is nie goed genoeg nie, ens. In ons essensie sê ons ons waarheid, soos, ek het jou lief, ek wil n goeie ouer wees, ek het 'n roeping, ek behoort, ek is spesiaal, ek wil naby jou wees. Kies essensie en waarheid in verhouding met jou maat, dan kies mens volle lewendigheid

.R 24 999
 

Vol Pakket

Hierdie proses kombineer verhoudings en individuele terapie. Die resultaat hiervan is nie net om te genees nie, maar om as paar en as mens ook oor te gaan tot groei. Hierdie is n heling en n siels ervaring van ń leeftyd. Prosesse strek oor sewe dae, Maandag tot Sondag, 7:30-21:00

Dag 1

    • Ontbyt: Anita van der Merwe
    • Sessies met Kobus van der Merwe
    • "Laat gaan ou bagasie" sessie met Dr Cornel en Freek van der Merwe
    • Romantiese ete: Anita van der Merwe

Dag twee

    • Ontbyt: Anita van der Merwe
    • Sessies met Kobus van der Merwe
    • "Laat gaan ou bagasie" sessie met Dr Cornel en Freek van der Merwe
    • Romantiese ete: Anita van der Merwe

Dag drie

    • Ontbyt: Anita van der Merwe
    • Sessies met Dr Cornel van der Merwe
    • "Laat gaan ou bagasie" sessie met Dr Cornel en Freek van der Merwe
    • Romantiese ete: Anita van der Merwe

Dag vier

    • Ontbyt: Anita van der Merwe
    • Sessies met Kobus van der Merwe
    • Sessie met Dr Cornel van der Merwe
    • "Laat gaan ou bagasie" sessie met Dr Cornel en Freek van der Merwe
    • Romantiese ete: Anita van der Merwe

Dag vyf

    • Ontbyt: Anita van der Merwe
    • Sessies met Kobus van der Merwe
    • Sessie met Dr Cornel van der Merwe
    • Sessies met Paul Smit
    • "Laat gaan ou bagasie" sessie met Dr Cornel en Freek van der Merwe
    • Romantiese ete: Anita van der Merwe

Dag ses

    • Ontbyt: Anita van der Merwe
    • Sessies met Kobus van der Merwe
    • "Laat gaan ou bagasie" sessie met Dr Cornel en Freek van der Merwe
    • Romantiese ete: Anita van der Merwe

Dag sewe

  • Ontbyt: Anita van der Merwe
  • Sessies met Kobus van der Merwe

R 59 500