Verstaan jou huweliksmaat se uniekheid as anders as joune

Enneagram en Imago

Verstaan jou maat se uniekheid as anders as jy... en hoe om daarmee saam bewustelik en gesond te leef. Praktiese wenke en oefeninge.

  • Tweedag intense ervaring wat ontwerp is om jou tot diep selfkennis te bring
  • Lewendige demonstrasie van dialoë en groei prosesse
  • Lei tot verhoudingsverdieping
  • Pare gaan huis toe met ‘n diep sensitiwiteit en empatie vir mekaar se verwondheid en uniekheid.
  • Pare leer om nuuskierig te leef oor die ander persoon se wêreld

Wat is die Enneagram:
Die Enneagram is een van die oudste modelle wat menslike bewussyn en gedrag beskryf. In Grieks beteken “ennea” nege en “grammos” diagram. Die Enneagram beskryf nege verskillende persoonlikheidstipes wat op sielkunde gebaseer is. Dit wys nege verskillende maniere waarop realiteit waargeneem word en die reaksie daarop. Hierdie maniere word dan later as ons ‘karakter’ gesien.

Die Enneagram beskryf nege verskillende maniere van dink, nege verskillende emosionele reaksies en nege verskillende etiese en geestelike waardes.

Die Enneagram ontbloot die onbewuste aannames wat ons gebruik om onsself te definieer, ons werk te definieer en die manier waarop ons in verhouding met ander is. Die Enneagram het natuurlik ook dan ʼn verdere gebruik naamlik: Om jou ook te help om die gedrag van jou lewensmaat, kinders, familielede en kollegas beter te verstaan. Natuurlik sal die Enneagram dan ʼn belangrike rol kan speel in die betrokke verhoudings waarbinne jy daagliks leef. Dit gee jou die lens om wyer en breër te kyk.  Daar is nege tipe maniere om die wêreld te sien en nie net ‘my’ manier nie. Die Enneagram stel ons nie in staat om die ander tipes te oordeel as reg of verkeerd nie.

Die doel met die studie van die Enneagramis om die eeue-oue filosofiese vraag: “Wie is ek?” te antwoord. Die doel is nie om die persoonlikheid te verander nie, maar eerder om die beperkinge van ons gefikseerde persoonlikheid los te maak en om die gesonde dele te behou. Die Enneagram ervaring vra dapperheid, want ons word met ons eie skadukant gekonfronteer (die sielkundige Carl Jung beskryf dit as die ‘shadow’).  Die uitdaging is om onsself te aanvaar met sterktes en gawes én met swakhedes en skadu’s. Hoe meer selfaanvaarding plaasvind, hoe meer beweeglik is die persoonlikheid en hoe meer kan God se gawes deur ons vloei.

Aangebied deur Ds Louis Venter, Geregistreerde Imago Kliniese Verhoudings Terapeut.

Die ENNEAGRAM “’n Reis na konneksie en heelheid” is ‘n goeie opvolg werkswinkel vir pare wat alreeds die “Getting the love you want” werkswinkel voltooi het. In die werkswinkel gebruik ons die insig van
die Enneagram persoonlikheidstrukture en die Imago teorie om pare te begelei tot dieper konneksie, deferensiasie en veral empatie. In die werkswinkel ontwikkel pare ‘n dieper verstaan vir hul eie en hul maat se
verwondheid. Pare ontwikkel ‘n dieper insig van hoe spesifieke persoonlikheidstrukture die spasie onveilig maak. Pare sal uitgenooi word om in dialoog mekaar uit te nooi na groei, herstel en dieper konneksie.

Plek: Ducks Country House, Henley on Klip

Datum: 28-29 Aug 2015, 8:00-18:00

Prys: R3500 per paar

Kontak: El'Marie by 082 331 4704 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Verblyf en etes op perseel beskikbaar teen R800 per paar per nag. Sien www.duckscountryhouse.co.za vir meer besonderhede.

 

Oor Louis Venter

Louis is ‘n gekwalifiseerde Imago en Enneagram Terapeut.

"Ek glo elke mens se diepste soeke is na sinvolle en diep verhoudings waar ons intiem en lewendig uitdrukking wil gee aan ons menswees en lewendig wees. Die waarheid is egter dat ons hiermee sukkel – ons bevind onsself gereeld in plekke van diskonneksie en alleen wees. Ek glo egter dat dit vir almal moontlik is om in diep konneksie te leef met ‘n lewensmaat. Dit is my passie om saam met mense op reis te gaan op hulle soeke na intimiteit, konneksie en lewendigheid."