Belê in jou verhouding voor dit te laat is. Wanneer mense pare – of huweliksterapie oorweeg, is dit omdat mens ongelukkig voel oor iets in jou lewe. Alhoewel dit baie makliker is om vingers te wys na jou man of vrou, help terapie pare om eerder maniere te vind om nie net hulle verhouding te verbeter  ie, maar ook hulle persoonlike vreugde en geluk.

Jou keuse is eenvoudig: doen óf iets anders om ‘n ander reslutaat te kry (soos terapie) óf hou aan doen wat jy nou doen en verwag meer van dieselfde.

As ‘n gekwalifiseerde Imago Terapeut, is my doel nie net om julle effektiewe kommunikasie vaardighede te leer nie, maar ek gee o ok vir julle ‘n splinternuwe manier van kyk na verhouding. Ook verklarings vir die seer en frustrasie wat tussen julle aangaan. Dit is nie DAT julle seer of frustrasies het nie, dit is die WAT wat julle daarmee doen of nie doen nie, wat die probleem is. Alle verhoudinge het “issues”. Wat  anders is aan ‘n suksesvolle verhouding as ‘n onsuksesvolle verhouding is HOE julle hierdie “issues” hanteer.

Volg ons gerus op Facebook vir meer onlangse nuus.

Die meeste verhouding sake is nie baie uniek nie. Daar is ‘n handvol algemene seer en frustrasies waarmee pare spook soos bv

  • Om uitgesluit te voel
  • Gekontroleerd te voel
  • Verlies aan passie
  • Verlies aan vertroue
  • Verlies aan begeerte
  • Verskillende seksuele behoeftes
  • Aangetrokke tot ander persone
  • Voel nie gehoor nie
  • Voel nie gewaardeer nie
  • Voel nie goed genoeg nie.

Met bewuste aandag en ‘n klein bietjie werk, is hierdie sake nie so moeilik om te genees nie: as jy WIL, GLO jy kan en bereid is om sekere werk te doen.

Die oplossing van sekere van jou frustrasies behels dat jy nuwe vaardighede aanleer, nuwe insigte verkry en nuwe tegnieke oefen. Jy het ook nodig om nuwe perspektiewe van mekaar te ontwikkel, dieper empatie en meer aanvaarding van mekaar. Hierdie is alles oplossings waarmee Imago Terapie julle kan help bereik.

Belê in jou verhouding vandag en maak ‘n afspraak.