Is jy  opsoek na ‘n manier om jou huwelik te versterk, om die magstryd binne jou huwelik te oorkom en om saam ‘n gelukkige huwelik te geniet? Dis nie nodig om verder soek na ‘n oplossing te soek nie, Imago terapie het die antwoorde op al jou vrae!

Wat is Imago terapie?

Eerstens, laat ons begin by die betekenis van “Imago”; dit is die Latynse woord vir “beeld”. Imago terapie is gebaseer op die idee daarvan dat ‘n mens ‘n lewensmaat kies gebaseer op die prentjie van liefde wat mens by geboorte begin vorm. Dus beteken dit, hoe ons prentjie van liefde lyk is gebaseer op die liefde wat ons van ons primêre versorgers ontvang het.

Aangesien die keuse van ‘n lewensmaat gebaseer is op die liefde en versorging van ons ouers of versorgers, is dit algemeen om te voel asof jy en jou maat mekaar nog altyd ken toe julle verlief geraak het. Die rede hiervoor is, is dat jy en jou maat met dieselfde uitdagings gekonfronteer was, sowel as om op dieselfde stadiums van ontwikkeling uitgedaag was. Die verskil tussen jy en jou maat is dat elkeen van julle op verskillende maniere die uitdagings oorkom het. Waar jy besluit het om stil te bly, het jou maat besluit om luidrigtig te word. Jy het die vermoë ontwikkel om jou gevoelens uit te druk en jou maat het hulself geleer om hul gevoelens te ignoreer.

Die verskille tussen hoe jy jou uitdagings oorkom het en hoe jou maat hul uitdagings oorkom het, kan baie ongemak in die huwelik veroorsaak. Jou optrede maak nie vir jou maat sin nie en vir jou lyk dit of jou maat se optredes doelbewus nalatig is. Alhoewel die verskille uitdagings in jou huwelik kan veroorsaak, moenie mislei word nie, dit is as gevolg van die verskille dat jy verlief geraak het.

Dit is waar Imago terapie inkom. Imago terapie kan beskryf word in een woord, “bewustelik”. Met behulp van jou Imago-terapeut kan jy bewus word van jou emosies en hoekom jy dit voel, jou maat se emosies en hoekom hy / sy dit voel en uiteindelik wat die invloed van julle emosies en die oorsake daarvan op jul huwelik is. As jy bewus word van hoe jy geleer het om jou uitdagings te oorkom en jou lewensmaat se hanteringstrategieë, sal julle mekaar se optrede binne die huwelik beter verstaan. Deur bewus te wees van hoe en waarom jou maat, sowel as hoe jyself in die huwelik optree, sal jy die bewuste besluit kan maak om jou maat te verstaan ​​en onvoorwaardelik lief te hê.

Volg ons op Facebook!

Deur middel van Imago-terapie kan jy die vermoë om jou maat bewustelik lief te hê ontdek en ontwikkel, sodat julle ‘n gelukkige huwelik saam kan geniet.

Boek ‘n sessie vandag!