Tegnologie maak Imago terapie meer effektief en bekostigbaar.
Meer bekostigbaar, meer waarde, meer effektiewe verhoudingswerk.
Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons nou die rykheid van Imago Verhoudings Terapie toeganklik kan maak vir baie meer pare wat dit brood nodig het. Of dit nou tyd, reis of finansies is wat tussen jou en ‘n gelukkige huwelik staan, ons het ‘n uitstekende oplossing.
Ons stel bekend ons nuwe hybrid dienste. Hybrid is ‘n mengsel van die beste van twee wêrelde. Aan die een kant het pare die mens tot mens kontak nodig vir effektiewe verandering. Aan die anderkant het pare ook ‘n mate van inligting nodig om te kan verander en te kan groei. Ons het verskeie dienste waar ons die inligting elektronies verskaf, sodat die tyd wat lewendig spandeer word, gefokus op prosesse kan wees. Dit beteken dat pare nou 60% meer waarde kan kry teen amper 50% laer fooie. Dit is ‘n wen wen diens. Meer bekostigbaar, meer waarde, meer effektiewe verhoudingswerk.
Self studie materiaal is beskikbaaar in video material, aangebied deur Kobus van der Merwe. Dit word aangebied op ‘n manier om die inligting effektief en maklik te kan innneem – op jy eie tyd in die privaatheid van jou huis of kantoor. Jy kan dit op jou tv kyk, op jou foon, rekenaar of tablet. Nog meer, jy kan weer teruggaan en weer na die material gaan kyk as jy weer wil hersien.
In die lewendige werkswinkels het julle direkte kontak met Kobus van der Merwe oor Zoom. Ek bespreek weer ‘n oorsig van die inligting en hanteer enige vrae. Die mees belangrikste is dan die lewendige demonstrasies van die verhoudings gereedskap en vaardighede. Daarna oefen julle onder
begeleidng in julle eie privaatheid julle eie dialoë. Dit is ‘n praktiese werkswinkel waar julle leer en oefen. Dit is ook ‘n veilige omgewing om in julle eie privaatheid met seer en belangrike prosesse te werk onder begeleiding van Kobus en kollegas. Demonstrasies word in groepsverband gedoen en oefen van dialoë word in privaat kamers gedoen op julle eie.
Intensiewe en sessies is daar nie ander pare nie. Die sessies kan direk by ons kantoor in Pretoria gebeur of aanlyn oor Zoom.
Vir die pare wat nog die volle dienste soos altyd benodig, kan steeds daarvan gebruik maak.
Hybrid dienste beskikbaar:
Hybrid Sessies
- 1 uur sessie
- 1 tot 2 ure vooraf selfstudie met video en pdf material.
- Prys R950 (66% afslag op die vol 2 ure lewendige sessie)
- Sessies kan of in my kantoor in Pretoria gedoen word of lewendig oor Zoom/Skype
Hoe dit verskil met ‘n gewone vol sessie? Sessies is 2 ure teen R1500 per uur. Geen vooraf selfstudie nodig nie.
Hybrid Werkswinkels
- 11 ure direkte kontak
- 9 ure vooraf selfstudie met video en pdf material.
- Prys R 3999 (45% afslag op vol werkswinkel)
- Werkswinkels word lewendig oor Zoom gedoen.
Hoe verskil dit met gewone vol werkswinkels? Werkswinkels strek oor drie dae teen R7500 met geen vooraf selfstudie nie.
Hybrid Intensief
- 11 ure direkte kontak
- 9 ure vooraf selfstudie met video en pdf material.
- Prys R 7 999 (73% afslag op vol werkswinkel)
- Intensiewe kan of in my kantoor in Pretoria gedoen word of lewendig oor Zoom/Skype
Hoe verskil dit met gewone vol Intensief? Intensief strek oor drie dae teen R30 000 met geen vooraf selfstudie nie.
Besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting
.