As jy gereed is om die volgende stap te neem om jou verhoudings konflik te verminder met 90%, stel ons die Imago Verhoudings Intensief Program voor.
Imago Verhoudings Intensief is prosesse vir die huwelik in ernstige krisis.
Hoē reaktiwiteit as gevolg van pyn, noodsaak streng gestruktureerde prosesse vir effektiewe herstel. Langdurige, vasgevangde verhoudingspatrone vereis meer as bloot kommunikasie tegnieke, konflikhantering of persoonlikheidstoetse om te verander.
Met Imago intensief word u met al die professionele sorg ondersteun om u huwelik te genees.
As jy skouer aan die wiel wil sit en as julle hard en effektief wil werk om julle huwelik te red, dan is hierdie die proses vir jou. Gedurende hierdie drie dae van hoogs gestruktureerde en baie effektiewe huweliksterapie, word julle begelei deur ń ervare huweliksterapeut op ń pad van herstel en re-konneksie.
Hierdie proses sal julle help om sin te maak van die emosionele warboel en die vasgevangdheid van julle huwelik. Pare word begelei met nagevorsde prosesse om die pyn wat die breuk veroorsaak, te genees.
Pare neig om te fokus op simotome. As julle net met simptome werk, dan hou die veranderings nie lank nie. Imago huweliksterapie sal julle help om by die wortel van julle konflik en magstryd uit te kom. Indien die genesing en herstel op daardie vlak gebeur, dan is die verandering diep en werklik.
Vir wie is die Imago huweliks Intensief?
Vir huwelike wat ernstige probleme het en beide partye is bereid om aan die huwelik te werk.
Pare wat vasgevang is in ou patrone en julle wil aanbeweeg na kreatiewe, nuwe maniere van in verhouding wees met mekaar.
Een van julle wil die huwelik verlaat, maar julle wil eers ń laaste poging aanwend om die huwelik te red.
Pare wat die energie van die magstryd wil transformeer in passie.
Pare wat die kuns van konneksie en voluit lewendig wees saam met mekaar, wil bemeester
Hoe werk die Imago Verhoudings Intensief vir huwelike?
Die proses strek oor drie opeenvolgende dae. Van 9:00 tot 17:00 met ń 90 minute ete breek.
Dit is nie n groepsproses nie. Dit is een terapeut met een paar. Ek is dus teenwoordig met elke interaksie en proses. Dit beteken dat elke proses en informasie is gerig op wat julle huwelik spesifiek benodig om te genees.
Die proses bestaan 25% uit informasie en 75% uit praktiese verhoudingswerk. Heling en re-konneksie gebeur deur middel van dialoog. Dit beteken dat al die werk gebeur tussen julle as ń paartjie en ek fasiliteer daardie interaksies met gestruktureerde en emosionele veilige prosesse.
Moet ons huwelik in die moeilikheid wees om die intensief te doen?
Nee. As julle jul vermoë wil ontwikkel om lief te wees en in intieme nabyheid bewustelik te leef, dan is hierdie ń uitstekende proses vir julle. Om die waarheid te sê, dit is hoekom ons krisisse in ons lewe ervaar: om ons te dwing om te groei. So hoekom wag vir ń krisis voor jy wil groei? Kies om te groei en kies om lewendig te wees. Die huwelik is die perfekte plek om daardie keuse te maak en om dit te doen. Die Imago verhoudings Intensief fasiliteer dit.
Neem aksie. Boek jou intensief hier
Red jou huwelik vandag!
Met Imago intensief word u met al die professionele sorg ondersteun om u huwelik te genees. Epos Elmarie hier of skakel nou 081 559 9130.
Ons het verskillende opsies om vir elke behoefte en elke verhouding te voorsien. Besoek gerus ons webwerf om meer te wete te kom oor ons sessie-opsies, komende werkswinkels of intensiewe programme.