Wat gebeur in IMAGO sessies? Wel, Imago sessies is ‘n fantastiese manier om jou verhouding te veryk met veiligheid en koneksie.

Imago verhoudingsterapie skep ‘n veilige omgewing sonder blaam en kritiek waar julle die gereedskap kan leer om ‘n gesonde verhouding te skep.

Dit is ook ‘n plek waar julle die kern van die seer van julle verhouding kan ontdek en met professionele hulp dit kan genees.

Hierdie verhoudingsberading is nie net daarop ingestel oor hoe om die konflik in jou huwelik op te los en die seer te genees nie, maar ook om jou huwelik te lei op ‘n pad van re romantisering en passie.

Indien affairs, verslawings of egskeiding tersprake is, is minstens 2 jaar se terapie nodig om die verhouding te herstel en op ‘n beter plek te bring as voordat bogenoemde probleme begin het. Hiervoor word ons verhoudingsintensief aanbeveel.

Vir meer inligting volg asseblief die skakel.

Ons help paartjies wat vasgevang is in verhoudingskonflik, om hulle konflik met 90% te verminder en met konneksie en passie te leef – SAAM.

As julle vir mekaar lief is en julle wil graag dat julle huwelik werk, maar alles wat julle probeer, maak dit net erger, en julle is moeg vir die siklus waarin julle vasgevang is, dan kan ons julle help.

Ons het die prosesse wat gebasseer is op nagevorsde inligting om julle effektief en gestruktureerd deur moeilike en seer plekke te help om in ‘n gesonde en bewuste huwelik te leef.

Ons help julle om uit die blaam en krietiek en stilstuipe te groei deur middel van die Imago Dialoog.

Ons prosesse werk. Ons sien uit om julle te ontmoet en op ‘n pad van heling te begelei.

Hieronder stel Kobus van der Merwe die proses mooi uit een deur middel van ‘n video. “Wat gebeur in IMAGO sessies?”

Volg ons op Facebook vir meer onlangse nuus.