Begin typing your search above and press return to search.
Please, set Additional Menu
  • Tuis
  • Dienste
    • Pare Intensief
    • Pare Werkswinkel
    • Imago Pare Sessies
    • Affair – 2 jaar herstel program
    • Enkellopende Werkswinkel
    • Seks, Vreugde en konneksie – programme
  • Oor Ons
  • Blog Posts
  • Hoë impak sessie
  • Sel: 081 559 9130
  • elmarie@huwelike.co.za
  • Maak n afspraak |
  • English
Follow Us:
Huweliksterapie - genesing en groei deur dialoog Huweliksterapie - genesing en groei deur dialoog
  • Tuis
  • Dienste
    • Pare Intensief
    • Pare Werkswinkel
    • Imago Pare Sessies
    • Affair – 2 jaar herstel program
    • Enkellopende Werkswinkel
    • Seks, Vreugde en konneksie – programme
  • Oor Ons
  • Blog Posts
  • Hoë impak sessie

Pare Werkswinkel

Imago "Kry die Liefde Wat Jy nodig het" Werkswinkel

IMAGO PARE WERKSWINKEL Kry die liefde wat jy nodig het Bespreek hier

Die Imago “Getting The Love You Want” werkswinkel verskaf ‘n veilige omgewing waarin jy en jou maat sonder afleidings kan fokus op jul verhouding. Dit verskaf die tyd en spasie om julle saam in staat te stel om deurbrake te maak in die manier waarop jul in verhouding met mekaar staan.

Die Imago Pare werkswinkel strek oor ń naweek. Kobus van der Merwe bied hierdie huweliks werkswinkel vir meer as twintig jaar aan.  Huwelikpare se terugvoer is dat die Imago werkswinkel gelykstaande is aan sewe maande se weeklikse huweliksterapie.

Die Imago “Getting the love you want” pare werkswinkel bestaan uit deeglike, nagevorsde inligting oor die werking van die huwelik, geanker in praktiese huweliksvaardighede. Hierdie praktiese huweliks gereedskap word duidelik gedemonstreer. Daar word ook genoeg tyd gegee om die huweliksinligting en gereedskap self te oefen en die inligting te integreer.

Jy gaan die wortel van jou magstryd ontdek. Julle het dalk al hard probeer om julle huwelik te verander, maar waarskynlik net met die simptome van die konflik gewerk. Dit is hoekom julle pogings vir verandering óf nie gewerk het nie, óf nie lank gehou het nie.

As jy hierdie lees, dink ek nie jy het getrou om uit te vind wat is fout met jou of jou huwelik nie. Jy het ook nie getrou om net te leer om pyn te hanteer en om te leer om julleself teen mekaar te beskerm nie. Ek dink die rede hoekom julle getrou het is om lief te hê en om liefgehê te word. Julle het getrou sodat julle voluit lewendig kan wees EN in verhouding kan wees. Hierdie huwelikswerkswinkel sal julle help om deur die realiteite van seer en spanning te werk. En ook om verby die magstryd te groei. Julle gaan ook leer hoe om mekaar bewustelik lief te hê op ń gesonde, volwasse en passievolle manier.

Pare word ook bewus van die ritme van hulle huwelik. Daar gaan altyd tye wees wat daar spanning of pyn in die huwelik is. Die kuns is om hierdie tye nie te vermy of te sien as ń mislukking nie. Maar om eerder effektief en vinnig DEUR die magstryd te werk. Die kuns om kontak te herstel wanneer doi verbreek is, is die sleutel tot n gesonde huwelik. Pare leer hoe om dit te doen. Hierdie huwelikswerkswinkel leer pare om meer tyd en energie te spandeer aan passie en konneksie, groei en eksplorasie, as aan swaarkry en oorlewing.

Wat gebeur in ń pare werkswinkel?

  • Julle gaan ń nuwe perpektief kry van mekaar en van julle huwelik. Na ń magstryd sien pare mekaar as vyande. Pare sien mekaar as ń plek waar hulle hul eie identiteit moet opgee en hulle volle lewendigheid moet prysgee terwille daarvan om in verhouding te wees. In hierdie werkswinkel gaan julle leer hoe om vennote te word in die reis om jou ware self te word en om mekaar te ondersteun om jou volle lewendigheid te herstel. Julle gaan leer hoe jou huwelik ń bron kan word vir genesing en groei.
  • Julle gaan leer om te dialoog. Pare het baie meer nodig as bloot goeie kommunikasie. Kommunikasie neem jou partykeer dieper in die magstryd in  en skep meer afstand. Julle gaan leer om te dialoog oor alles wat goed is en alles wat pyn veroorsaak, op so ń manier dat konneksie en veiligheid kan verdiep.
  • Julle gaan ook leer om te commit – ń commitment tot jou eie en jou maat se groei en volle lewendigheid. Dit sal lei tot meer passie en ń gevoel van diep liefde vir mekaar.
  • Julle gaan ook ń diep empatie ontwikkel vir mekaar se lewenstories. Julle gaan ontdek dat niemand boos en moedswillig is nie, maar dat elkeen op hulle eie manier probeer om hulleself teen verdere pyn te beskerm. Hierdie  empatie gaan ń konteks skep waar julle huwelik nou ń plek is waar pyn kan genees, eerder as om dit nog seerder te maak. Die magstryd hou aan solank as wat daar seer is. Die magstryd los op as die pyn genees.

Die ontdekkings tydens die naweek, verskaf ‘n ryke basis om in opvolg terapie gefokus en effektief te werk.

Werkswinkel hoogtepunte

  • ‘n Naweek intense ervaring wat ontwerp is om jou verhouding te herstel en konneksie te verdiep.
  • Privaatheid om op jou eie te werk, en hulp byderhand indien jy dit benodig.
  • Lewendige demonstrasie van Imago verhoudings prosesse.
  • Ontsnap van eksterne afleidings wat jou in staat sal stel om te fokus op die skep van jul verhoudings visie en die leer van die stappe om dit te bereik.
  • Geleentheid om te leer van ander pare se ervarings en om joune met hul te deel indien jy so verkies.
  • Lei tot verhoudings deurbrake.

‘n Persoon wat die werkswinkel bygewoon het, het gesê: “dit is soos twee jaar se terapie in 2 dae“. Die intense werk wat afgehandel word in ‘n werkswinkel stimuleer die veranderinge wat moeilik is om te behaal in kort terapie sessies. Dit is ‘n effektiewe gebruik van tyd en geld.

Bespreek hier

Datums

  • May 16-18: English Couples Workshop
  • August 8-10: Afrikaans Couples Workshop

Tye

Vrydag tot Sondag 9:00-18:00

Prys

R10 000 per paar

Adres:

Cornus straat 218

La Montagne

Pretoria

Venue

Kontak ons

Telefoon 081 559 9130

Epos 

Adres:

218 Cornus street

La Montagne

Pretoria

Ander Dienste

Pare Sessies

Verhoudings Intensief

Alle dienste is nou ook aanlyn beskikbaar met direkte Zoom sessies. Kontak ons nou om aanlyn ‘n afspraak te maak